Prof. Johan van der Vyver werp lig op die Suid-Afrikaanse regering se versuim om die Soedannese president, Omar al-Basjir, in hegtenis te neem.
Soekresultate vir: Omar al-Bashir
Weermag ontken troepe is gedreig in al-Basjir-sage
Die weermag het berigte ontken dat Soedan Suid-Afrika “gyselaar” gehou het deur Suid-Afrikaanse troepe in Darfoer te dreig en sodoende te keer dat pres. Omar al-Basjir in hegtenis geneem word.
Zuma het gesê hy sal nie Basjir se inhegtenisneming toelaat nie – Mugabe
Pres. Jacob Zuma het glo onderneem om nie die polisie toe te laat om die Soedannese president Omar al-Basjir in hegtenis te neem nie, het Robert Mugabe, voorsitter van die Afrika-Unie, Dinsdagoggend by ʼn perskonferensie na afloop van die AU-beraad, gesê.
Basjir is vort
Die Pretoriase hooggeregshof het Maandag gelas dat die Soedannese president Omar al-Basjir in hegtenis geneem moet word, net voordat hulle gehoor het dat hy reeds die land verlaat het.
Basjir steeds in SA, hoor hof
Die Suid-Afrikaanse regering hou vol die Soedannese president Omar al-Basjir, ʼn voortvlugtende van die internasionale strafhof (ICC), is steeds in Suid-Afrika.
Nuuskommentaar: SA se al-Basjir-handeling herskep Donker Afrika
Ongeag die afloop van die Omar al-Basjir-krisis, het Suid-Afrika nou ’n internasionale probleem. Die probleem word verdiep deurdat die ANC net te lank oor net te veel fronte erg verbrou het, en sy Mandela-kapitaal so vinnig in die internasionale gemeenskap verteer het.
Basjir dalk landuit ondanks hofbevel
Die Soedannese president Omar al-Basjir, ʼn voortvlugtende van die internasionale strafhof, sal na verwagting Suid-Afrika verlaat nog voordat owerhede kans gekry het om hom aan te keer en ondanks ʼn hofbevel in die Pretoriase hooggeregshof dat die land se owerhede nie mag toelaat dat hy die land verlaat nie.
Spanning verhoog oor Soedan se Basjir in Suid-Afrika
Pretoriase hooggeregshofregter Hans Fabricius het Sondag ʼn tussentydse bevel toegestaan wat die Soedannese president Omar al-Basjir verhoed om Suid-Afrika te verlaat, hangende ʼn besluit deur die hof.
Nuuskommentaar: Van e-tollenaars en e-sondaars
“Die moeilikheid met pres. Jacob Zuma is dat hy te min lees. Dis nie dat hy nie kan lees nie, maar dat hy nie die regte goed lees nie. Hy lees nie kabinetsvoorligtings nie.”
Nuuskommentaar: Afrika-bril na die werklikheid
Hoewel baie middelklas Suid-Afrikaners nou eers die impak van die stakings ervaar het met die petrolpompjoggiestaking en die sabotasie van Johannesburg se krag, is die stakings en die intimidasie en geweld wat daarmee gepaard gaan nie al nuuswaardige aspekte hiervan nie.