Voorbereiding van ʼn oppervlak voor jy iets met kleefstowwe vasheg

Pratley Safety Cleaner

Voor jy enige lymverbinding aanpak, benadruk Pratley dat dit noodsaaklik is om eers die betrokke oppervlak skoon te maak. Dit sal bepaal hoe sterk en blywend jou verbinding gaan wees en die weerstandigheid en leeftyd van die lasplek of herstelwerk verhoog.

“Sommige oppervlakke hoef slegs afgestof te word, maar ʼn olierige of vuil onderlaag verg baie beter voorbereiding voor jy enigiets wil vasheg,” sê Mark Bell, nasionale verkope- en bemarkingsbestuurder vir kleefmiddels.

Pratley Safety Cleaner is ʼn veelsydige produk met ʼn groot verskeidenheid toepassings in die doen-dit-self en nywerheidsbedrywe. Dit word algemeen in die doen-dit-self-mark gebruik om oppervlakke mee skoon te maak voor jy enigiets wil vasgom. Die veelsydigheid van die produk beteken dat dit ook ideaal aangewend kan word as ʼn skoonmaker vir elektriese skakelaars of komponente. Dit kan ook in werkswinkels gebruik word om ghries mee te verwyder voor jy enige skroefsluitingskleefmiddels gebruik.

Mark Bell, nasionale verkope- en bemarkingsbestuurder vir kleefmiddels

“ʼn Skoon, droë oppervlak is noodsaaklik om ʼn doeltreffende kleefverbinding te verseker. As ʼn vuil oppervlak verbind word, sal die kleefstof met die stukkies vuilgoed verbind, in plaas van die oorspronklike onderlaag. Dit verhinder dus ʼn sterk verbinding. Meeste kleefmiddels kan nie deur oppervlakvuilgoed dring nie en dus nie ʼn optimale verbinding verseker op ʼn vuil of olierige oppervlak nie,” waarsku Bell.

Pratley Safety Cleaner is ʼn spesiaal geformuleerde spuitkannetjie-skoonmaker met die voordeel dat dit geen olierige neerslag agterlaat nie. Ander voordele sluit in dat dit veilig en nie-vlambaar is. Die produk word eenvoudig direk op die oppervlak, wat jy wil skoonmaak, gespuit. Vryf dit dan op met ʼn pluisvrye lap.

Buiten om oppervlakke skoon te maak, benadruk Bell dat dit ook belangrik is om ʼn oppervlak “grof” te maak voor enige kleefmiddel gebruik word. “Waar dit moontlik is, moet jy ook oorweeg om die oppervlak met skuurpapier grof te maak voor jy kleefmiddel aanwend. Dit verhoog nie net die oppervlakte wat in kontak kom met die kleefmiddel nie, maar verseker ook bykomende meganiese sluiting tussen die kleefmiddel en die onderlaag.”

ʼn Produk wat goed met die doen-dit-self mark en Pratley Safety Cleaner gepaard gaan, is Pratley se Powda Bond®. Powda Bond® is ʼn uitstekende, veeldoelige, kitsklaar reparasiestel. Dit verseker ʼn versterkte kleefbinding deur gebruik te maak van gespesialiseerde poeiers en kitskleefstof. Die poeiers kom in twee kleure, wit en swart, om by verskeie oppervlakke in te pas. Die poeiers word oor die probleemgebiede gestrooi en word dan versterk deur die kitskleefstof. Powda Bond® is perfek vir beskadigde motorwieldoppe, motorligte, plastiekhandvatsels, swembadpomp-herstelwerk, kinderspeelgoed, en elektriese skakelaars.

Pratley Safety Cleaner

Pratley Safety Cleaner en Powda Bond® is veeldoelig en maklik om te gebruik. Dit is ideaal vir al jou doen-dit-self projekte by die huis of in die werkswinkel, die elektriese bedryf en ingenieurs- en nywerheidswerkswinkels.

“ʼn Produk met die Pratley-handelsmerk verseker uitsonderlike betroubaarheid, kragtens ons beleidsverklaring. Ons produkte se werkverrigting moet alle ander produkte in die wêreldwye mark oortref,” voeg Bell by.

Pratley Safety Cleaner kan ook as ʼn skoonmaakmiddel gebruik word by:

  • skakelaars;
  • relêkontakpunte;
  • kondensators;
  • reostaat-veërs;
  • presisie meganiese onderdele; en talle meer. 

Pratley Powda Bond® kan gebruik word vir:

  • motorbuffers;
  • beskadigde wieldoppe;
  • motorfietswielklappe;
  • elektriese skakelaars;
  • swembadpomp-afsluiters;
  • plastiekhandvatsels;
  • kinderspeelgoed; en
  • meeste plastiekvoorwerpe.

Sluit aan by Pratley op sosiale media om op hoogte te bly:
Facebook: https://www.facebook.com/PratleySA/
Twitter: https://twitter.com/PratleySA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.