Luister: Lees my kind genoeg?

Foto ter illustrasie. (Foto: Jonathan Borba/Unsplash)

Leesgewoontes is dikwels iets waaroor ouers kopkrap.

In die vierde episode van Maroela Media se podsendingreeks oor lees, gesels Christien Neser, spraakterapeut en jeugromanskrywer, oor hoeveel kinders in watter ontwikkelingsfase behoort te lees.

“Daar is nie ʼn absolute reël nie. Daar is skole met baie oulike inisiatiewe wat kinders beloon, wat wonderlik is,” vertel Christien in Maroela Media se ateljee.

“Tog is daar kinders wat aan soveel sportsoorte deelneem, dat hulle nie altyd daarby uitkom nie.”

  • Luister boaan na die artikel na die volledige episode.
  • Skakel volgende week in om verder saam te luister na Christien se raad vir daardie eerste, angswekkende eksamen in gr. 4.
  • Luister na al die vorige episodes in die reeks hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.