Onder die Bome: Vryheid, slawerny en verantwoordelikheid

vryheid

Foto: Dan Gold/Unsplash.com

In die derde episode van Onder die Bome, ʼn podsendingreeks wat handel oor filosofie, praat podsender Daniel du Plessis met Hercules Boshoff van die Chairefoon-inisiatief oor die woord vryheid.

Wat is vryheid? Hierdie woord word so gereeld in ons daaglikse lewens gebruik en is iets waarna soveel volke en mense eeue lank na gestrewe het, maar het ons al gaan stilstaan en gewonder wat dit behels en waarvandaan dit kom?

Hercules begin deur te stel dat wanneer die begrip vryheid gebruik word, enige mens ʼn verbintenis met die wil maak. Om te kan kies uit vrye wil, beteken dat jy self wil en nie deur iemand anders voorgeskryf word nie. Die vrye wil is die wil wat konstant sy vryheid soek.

Die gesprek draai dan tot by die totstandkoming van ʼn vrye wil wanneer Hercules aan Daniel verduidelik dat om ʼn vrye wil te skep, nie noodwendig beteken dat daar konstant net aan al die basiese behoeftes voldoen moet word nie. Dit is trouens nie ’n vorm van vryheid nie, maar eerder slawerny, dog hier willekeurige slawerny, wat in ’n sekere opsig meer jammerlik is as gedwonge slawerny.

ʼn Volgende interessante vraag waarby die twee sprekers stilstaan, is die impak wat vryheid op selfstandigheid het. Kan enige persoon werklik ten volle selfstandig wees as daar nie vryheid is nie? En wat van ʼn groep, of selfs ʼn nasie? Sou vryheid so ʼn kardinale rol speel in die totstandkoming van selfstandigheid? Luister gerus en dink saam!

Hierdie episode is met trots geborg deur Akademia. As filosofie, politiek en die ekonomiese sfeer jou fassineer, dan is Akademia se veelsydige graadkwalifikasie in politiek, filosofie en ekonomie die perfekte volgende stap in jou loopbaanreis. Besoek www.akademia.ac.za vir meer inligting.

As hierdie episode oor vryheid vir jou lekker was om na te luister, dan sal volgende week se episode, wat handel oor die samelewing en beskawing, jou nóg meer prikkel!

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Charles ·

Weereens, baie, baie, baie dankie hiervoor!!

Afrikaans Leef!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.