Podlitiek: Afrikaans, universiteite en die toekoms van die jeug

taaldag afrikaans

Argieffoto

Opgestel deur die Podlitiek-span

Wat gebeur as jy een oud-Puk, een oud-Tukkie, ’n huidige Matie en ’n huidige Kovsie in ’n opname-ateljee sit en begin praat oor die verlede, die hede en die toekoms? Podlitiek het onlangs juis dit gedoen, en die uitkoms was hierdie aangrypende gesprek oor universiteite, Afrikaans, emigrasie, en die toekoms.

Paul Maritz van Podlitiek bespreek hierdie drukkende kwessies met Hermann Pretorius, ’n voormalige aanbieder van Podlitiek, wat tans vir die Instituut vir Rasseverhoudings (IRV) werk, Ruan Goosen, ’n honneursstudent van Stellenbosch en Arno Roodt, ’n regsstudent van Kovsies.

Die gesprek spring weg by die onvriendelike en sosialistiese neiging wat staatsuniversiteite in die afgelope dekades toon. Wat het in Pretoria en Bloemfontein gebeur wat as lesse vir Potchefstroom en Stellenbosch onaangename, maar waardevolle lesse kan leer? Hoe is Afrikaans as onderrigtaal eers ingeperk, toe opsy geskuif, en toe die nekslag toegedien by baie fakulteite?

Die volgende punt wat bespreek word, is dan juis ook Afrikaans. Is dit nuttig om hierdie juweel wat geslyp en geskaaf is met baie moeite en liefde, op te pas en te bewaar vir die nageslagte? Luister gerus na die podsending om die vier sprekers se uiteenlopende gedagtes hieroor te hoor.

Met baie draaie en interessante oorwegings, kom die gesprek dan by die emigrasievraagstuk uit. Hoe dink jong Afrikaners daaroor om bande te sny en die pad te vat? Is daar ’n verskil tussen oorsee studeer en emigreer, en wat verloor mens as jy gaan? Al hierdie vrae word bepeins, deurkyk en in diepte bespreek.

Sit gerus die gesprek in die kommentaarafdeling voort, en onthou om Podlitiek op Spreaker, Twitter, YouTube en iTunes te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.