Podlitiek: Einde aan ramptoestand gevra; Ramaphosa vs. Sisulu

Opgestel deur die Podlitiek-span

Die stryd tussen pres. Cyril Ramaphosa en sy minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, woed voort. (Foto’s: Twitter/GCIS)

In die week se episode van Podlitiek word drie stories onder die loep geneem: die einde van die ramptoestand, die woordestryd tussen president Cyril Ramaphosa en minister Lindiwe Sisulu en Bongani Baloyi se skuif weg van die DA na ActionSA.

Prof. Shabir Madhi, dekaan van die Fakulteit Geneeskunde aan die Universiteit van die Witwatersrand, het onlangs aangekondig dat die tyd gekom het vir die ramptoestand om beëindig te word. Die Podlitiek-paneel is nie werklik verbaas dat die staat aan mag vasklou nie; dit is dan juis so dat die ramptoestand dit baie makliker maak om mense soos skapies rond te jaag.

ʼn Volgende storie is die woordestryd wat die afgelope week tussen pres. Ramaphosa en minister Sisulu plaasgevind het. Wat is werklik Sisulu se motivering vir haar nuwe benadering tot Suid-Afrika? Die Podlitiek-paneel wonder of die komende ANC-verkiesing nie dalk die dryfveer agter haar ywer is nie – dit is mos maar so dat verkiesings die katalisator vir verandering in die regerende party se geledere is.

Die derde storie wat bespreek word, is Bongani Baloyi wat van die DA na Herman Mashaba se ActionSA oorgestap het. Baloyi se toekoms in die DA was sonder enige twyfel rooskleurig, maar hy het nou die keuse gemaak om hom by Mashaba se party te skaar.  Alhoewel dit as ʼn groot wen vir ActionSA gesien moet word, wonder die Podlitiek-span wat agter hierdie skuif sit.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.), Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk. 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Suzette ·

Ja en terwyl die klomp besig is met hul tou trekkery – ly die land en sy inwoners daaronder.

domheks ·

Net GROOT GROEN TENT kort, vir die sirkus om voort te gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.