Podlitiek: Eskom-uitdagings duur voort, politieke partye soek soort

Opgestel deur die Podlitiek-span

Argieffoto: GCIS

As jy alleen in die donker sit en wonder hoe om die volgende twee uur om te kry, is hierdie week se Podlitiek die ideale manier om minstens ʼn kwart daarvan verby te kry. In hierdie week se episode bespreek Paul en Daniël die situasie wat tans by Eskom heers, asook die skep van koalisies ná die afgelope munisipale verkiesing.

In terme van Eskom kan min Suid-Afrikaners stry dat dinge nou handuit ruk. Met meer donker as lig in baie dele van die land is daar diegene wat versoek dat Andre de Ruyter, hoof van Eskom, en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, die trekpas kry en dat daar vir iemand anders ʼn kans gegee word om dinge te probeer regruk. Dan is daar diegene wat vra of De Ruyter werklik genoeg tyd gehad het om die skip om te draai.

Volgende word koalisies bespreek, ʼn nuwe rat wat tot die Suid-Afrikaanse politieke enjin toegevoeg is in die afgelope week. Skielik is daar meer as 60 munisipaliteite waar partye nou maatjies op die speelgrond moet maak met mense en groepe wat nog onlangs in kleurvolle taal afgekraak is. Wat kan Suid-Afrikaners van hierdie nuwe stukkie realiteit te wagte wees? Luister gerus na die Podlitiek-paneel se menings hieroor.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Petrus Albertus ·

Daniël, ek weet nie of Pretoria uitgesorteer is nie… BAIE hoë munisipale heffings in ruil vir wisselvallige dienslewering – ek sien nie die groot lig na die ANC bewind nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.