Podlitiek: Mkhize-skandaal, onteiening dalk finaal en vir Rassie lojaal?

Opgestel deur die Podlitiek-span

Rassie Erasmus. (Foto: Anne-Christine Poujoulat/AFP)

Te midde van ʼn onsekere wêreld in onsekere tye kom die Podlitiek-span oudergewoonte met hul weeklikse uitsending. In hierdie week se episode #ontnonsens Daniel, Paul en Ernst drie stories wat hul nuusradar getref het.

Eerstens word ʼn opdatering oor die skandaal met Zweli Mkhize gegee. Die Podlitiek-span bespreek die nuutste bewerings, wat onder andere vermeld dat Mkhize se seun en skoondogter ʼn skoonheidsalon oopgemaak het met geld wat bedoel was om Covid-hulp te voorsien.

ʼn Volgende storie is die voorlegging van die hersiene wet op onteiening en vergoeding. Hierdie gesprek is al ouer as Podlitiek, dus is die argumente vir ou luisteraars al bekend, maar nietemin ʼn belangrike storie om van kennis te neem, en te verstaan waarom dit veel dieper strek.

Laastens word die ondersoek na Rassie Erasmus bespreek, en Podlitiek vra waarom Suid-Afrika altyd tydens groot kompetisies ondersoek word – dit kan voorkom asof daar vir ons ʼn mes in is.

Al hierdie stories en meer in hierdie week se Podlitiek.

Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Buks ·

Ek dink julle moet leer om te onderskei tussen die Regering en die staat en die ANC

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.