Podlitiek: Ngobeni waai en Lana dink Cyril is fraai

Opgestel deur die Podlitiek-span

Lana Marks saam met pres. cyril Ramaphosa.

Die siklus van weeklikse nuus is in ʼn sekere sin te vergelyke met die lewenssirkel waarvan Mufasa vroegoggend vir Simba vertel in die Disney-treffer The Lion King juis omdat Podlitiek nog kon onthou hoe nuwe politieke verwikkelinge die nuussiklus geskud het, net om later ten volle weg te sink, en te verdrink in die ewig vollerwordende oseaan van nuus, menings, verwikkelings, en opinies.

Een so ʼn storie wat Podlitiek se aandag getrek het, was die aansluiting van Funzi Ngobeni, wat verlede week nog vir die DA bemarking gedoen het, by Herman Mashaba se The People’s Dialogue‑party. Hoe opgewonde was DA-ondersteuners nie toe Mashaba onder hul vlag burgemeester van Johannesburg geword het nie?  En nou het daarvan, soos Eugene Marais dit stel, maar stof en as oorgebly.  Podlitiek wonder oor die groei van Mashaba se party, en die kanse wat hierdie party in die toekoms kan hê binne die skommelings van die Suid-Afrikaanse politieke arena.

ʼn Volgende storie, waarvan die lewenssiklus nog maar in sy beginfase is, is die Amerikaanse ambassadeur na Suid-Afrika, Lana Marks, se vaste oortuiging dat pres. Cyril Ramaphosa se beleid oor onteiening sonder vergoeding eintlik nie so sleg vir Suid-Afrikaners is nie, juis omdat sy ʼn gesprek met die president gehad het. Sy beskryf haarself as tevrede, juis omdat sy die waarborg ontvang het dat geen openbare eiendom onteien sal word nie. Podlitiek meen dat sy maar net die diplomatiese speletjie wil speel, maar is nie oortuig van haar oortuiging nie…

Podlitiek beweeg dan aan na die situasie wat tans posvat in Suid-Afrika se wetgewers. In die Oos-Kaap is die EFF se lede in die provinsiale wetgewer gevra om die lokaal te verlaat omdat hulle oorpakke aangehad het, en in Kaapstad by die nasionale wetgewer is John Steenhuisen verbied om die wetgewer te betree. Podlitiek wonder waarom hierdie strukture in die eerste plek bestaan, juis omdat die waarde van hierdie strukture bevraagteken moet word selfs deur optimiste.

Daar is goed wat ʼn mens maar kan mis, maar Podlitiek is nie so ʼn ding nie…

By Podlitiek lewer ons nie net die nuus nie, ons maak dit.  Luister Podlitiek.

Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan Venter ·

So Lana Marks stook hom in sy kwaad, nou byt hy seker éérs die stang vas. Dat die ambassadeur van die VSA dit nogal kan doen. Sies man!

Snowball ·

Ek wonder of die VSA ambassadeur eiendomsreg en die implikasies van die miskenning daarvan verstaan. Sy kort ‘n wegbreek – naweek Zim toe vir bietjie blootstelling.

SomeOne ·

marks gaan le jou eier in vsa, hulle sal daar dalk jou glo

Jan ·

Die tannie se mening is mos nou teenstrydig met dit wat die VSA se Minister van Buitelandse Sake verlede week gese het.

charmaine ·

Wys bietjie vir Lana van al die plaasmoorde wys haar die gruwelike fotos, kinders wat verkrag en vermoor word, duidelik was die pot heuning uitgehaal om haar mond te smeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.