Podlitiek: SA red Kuba weer, Malema geweer-verweer

Opgestel deur die Podlitiek-span

(Foto: Kubaanse ambassade in SA/Facebook)

Podlitiek is terug en dié week gesels die span oor Suid-Afrika se jongste lening aan Kuba en die hofsaak teen Julius Malema oor die afvuur van ʼn aanvalsgeweer. Die derde deel van die Zondo-kommissie se verslag kom ook onder die loep.

Kuba is natuurlik ʼn historiese bondgenoot van die ANC, maar die vraag is nou: Vir hoe lank sal Suid-Afrika nog die ANC se dankbaarheid vir hulp in die 1980’s moet dra? Die ANC wil graag ʼn bedrag van R50 miljoen aan Kuba oorbetaal, en die Podlitiek-span wonder hardop hoe mens geld leen om dit weg te gee.

Die tweede onderwerp is die hoofbevindings van die Zondo-kommissie se derde verslag wat onlangs verskyn het. Min. Gwede Mantashe word beskuldig van dinge wat vir die gewone Suid-Afrikaner alte bekend sal lyk, en oudpres. Jacob Zuma word ook weer genoem. Podlitiek wonder wel wat nou van al hierdie beskuldigings sal kom.

Malema het in 2018 tydens sy party se vyfde verjaardagviering ʼn outomatiese masjiengeweer afgevuur en word tans deur AfriForum voor die hof gedaag hieroor. Gelukkig vir Podlitiek is AfriForum se prokureur sommer self in die ateljee om alles en nog wat hieroor te vertel.

Podlitiek lewer nie nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Paul Maritz, Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.), Ernst van Zyl (AfriForum) en Frederik van Dyk. 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dirk Mostert ·

Weet die IMF dat hul lening aan ons na Kuba deurgestuur word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.