Podlitiek: #VoetsekANC, gewere praat teë en Wes-Kaap sê nee

 

Opgestel deur die Podlitiek-span

So tussendeur die tuiswerkery en politiekery is dit nodig om jouself en jou denke so ʼn wyle af te lei … en as dit rym, moet dit sekerlik waar wees, daarom is dit oudergewoonte ʼn briljante idee om in te skakel by die pittige en vlymskerp kommentaar en ontleding wat die Podlitiek-span tot die klankgolwe bydra.

In die ateljee vir vandeesweek se episode is Daniel, Paul en Ernst, en hulle takel stelselmatig maar beslis eers die ANC se huidige krisis wat die afgelope dae onder die hutsmerk #VoetsekANC te voorskyn gekom het. Dit kom voor, so meen die Podlitiek-span, asof al hoe meer Suid-Afrikaners nou goed keelvol raak vir die gestelery en gestropery wat die ANC as gewoonte aangeneem het.

ʼn Volgende hoekie van die politieke dansvloer waar die Podlitiek-paneel draai, is vuurwapens, en meer spesifiek persoonlike vuurwapens. Ongelukkig, so het Podlitiek al die afgelope weke vermeld, het plaasmoorde die afgelope maande drasties toegeneem, so ook gewelddadige huisbrake. Dit is ʼn riem onder die hart om te sien dat toenemend meer mense hulself goed beskerm, en wetteloosheid stopsit deur doeltreffende en verantwoordelike wapengebruik. Soos wat hulle soms doen, dwaal Podlitiek diep in die filosofie van wapenregte af, maar die punt word darem uiteindelik gestel.

Laastens kyk Podlitiek so ʼn bietjie na die Wes-Kaap se provinsiale regering wat weier om die verbod op drank verder aktief in hul provinsie te vervolg, en dan kyk die paneel in baie meer diepte na die hele gedagte van ʼn onafhanklike Wes-Kaap wat al hoe meer ʼn gewilde tema word.

Luister, praat saam! Podlitiek lewer nie die nuus nie, hulle maak dit. Luister Podlitiek.

Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.