Soorte resepte:

Resep: Lemoenslaai met uie en olywe

Lemoenslaai met uie en olywe (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike somerslaai!
4 porsies

Bestanddele

  • 4 middelslag lemoene, geskil en in dun skyfies gesny
  • 1 klein koppie krakerige blaarslaai (ysbergslaai), gekerf
  • 1 groot ui in dun skyfies gesny
  • 125 ml groen olywe, ontpit
  • 60 ml olyfolie
  • 60 ml vars lemoensap
  • ’n knippie sout
  • ’n knippie rooipeper

Metode

  1. Rangskik die lemoenskyfies bo-op die gekerfde blaarslaai en rond dit af met skyfies ui en olywe.
  2. Meng die res van die bestanddele goed en drup dit oor die slaai. Sit dadelik voor.

Bron: Koskas kos deur Francois Ferreira

Uitgewer: Lapa

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Bykosse

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.