Soorte resepte:

[Resep] Propvol aartappeljassies

Aartappeljassies. Foto: Trooskos

Aartappeljassies. Foto: Trooskos

As jy na iets maklik soek om die vakansie vir die gesin op te dis, is die aartappeljassies net die regte ding. Dit is eenvoudig om te maak en smaak heerlik.

Genoeg vir 4 tot 6 mense

Bestanddele:

  • 5 groot (1 kg) aartappels, geskrop
  • 250 g spek, gebraai en gekap
  • 6 sprietuie, gesny
  • ¼ k (60 ml) Clover suurroom
  • ¼ k (25 g) Clover Goudakaas, gerasper
  • ¼ k (25 g) Clover Cheddarkaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • ¼ k (60 g) Clover Mooi River botter, gesmelt
  • gesnipperde grasui
  • Voorverhit die oond tot 180°C.
  • Rangskik die aartappels op ’n bakplaat en bak 45 tot 60 minute lank op die middelste oondrak. Laat afkoel.

Metode:

  1. Meng die spek, sprietuie, suurroom en die helfte van die kase en geur met sout en peper. Hou eenkant.
  2. Voorverhit die oondroosterelement tot matig warm.
  3. Sny die afgekoelde aartappels versigtig in kwarte, sodat die skille heel bly.
  4. Skep die aartappelvleis uit die skille, maar behou ’n 5-mm laag in elke kwart.
  5. Rangskik op ’n  bakplaat met die skil na bo.
  6. Verf die helfte van die botter oor die skille en rooster vir 3 tot 4 minute tot goudbruin. Draai om.
  7. Verf die res van die botter oor en rooster weer vir 3 tot 4 minute.
  8. Skep die spekmengsel in die holtes van die skille.
  9. Strooi die res van die kaas oor en rooster nog 4 tot 5 minute, of tot die kaas gesmelt en goudbruin is.
  10. Strooi gesnipperde grasui oor en sit voor.

Bron: Trooskos

Uitgewer: LAPA Uitgewers

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Bykosse, Gebak, Koolstoof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Toffie ·

Dis Nigella se Fully loaded potato skins. Sy meng net die uitgeskepte aartappel ook by die spekmengsel en voeg ‘n eetlepel worcestershire sous by. En meer kaas. 50g is darem te suinig.

Berhalet Beukes ·

Ek hoop Clover gee kommissie vir hierdie smaaklike advertensie… :-)

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.