Soorte resepte:

Resep: Stokbrood

Stokbrood Foto: nyama-catering.co.uk

Stokbrood Foto: nyama-catering.co.uk

Sif saam:
2 koppies koekmeelblom
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels suiker
2 ml sout

Vryf 2 eetlepels margarien in bogenoemde mengsel.

Voeg 1 geklitste eier by 75 ml melk
Voeg nou 5 eetlepels water by en meng nou alles saam tot ‘n stywe deeg.

Rol die deeg uit in repe van 20 mm x 350 mm
Rol om die stok en verseël punte met water.
Maak gaar oor vuur.

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Koolstoof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae