Soorte resepte:

Resep-video: Eierbroodjie met ʼn kinkel

Eierbroodjie met ʼn kinkel (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Hierdie broodjie kan met enige vulsels van jou keuse gemaak word.

Lewer 2 broodjies

Bestanddele

  • 2 sampioene, grofgekap
  • 2 repies spek, gesnipper
  • 2 snye brood
  • olie
  • kaas, gerasper
  • 4 eiers, geklits
  • sout en peper

Metode

  1. Maak spek en sampioene gaar.
  2. Sny die middelgedeelte van elke sny brood uit sonder om die korsies te sny.
  3. Gooi olie in ʼn warm pan, sit heel korsie op die pan neer en vul dit met die spek en sampioene.
  4. Gooi die helfte van die eiermengsel stadig oor. Laat die eier ʼn bietjie gaar word en sprinkel dan kaas oor. Geur met sout en peper.
  5. Plaas die binnekant van die brood weer terug en druk dit effens plat.
  6. Braai die broodjie aan albei kante tot die eier gaar is.
  7. Sit warm voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dorothy ·

Baie Dankie vir die Resep en die Video. Dit is so Lekker !!!!

Amber ·

Punt 4. Gooi die helfde van die eiermengsel oor. Wanneer word die ander helfde oorgegooi? Mis ek iets? Lyk heerlik.

Jaco ·

My vermoede is dat die restand oorgegooi word wanneer die binne gedeelte van die sny brood terug geplaas word in die pan (punt 5) nadat dit platgedruk is, anders is dit net brood aan die buitekant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.