Soorte resepte:

Resep: Makadamiaskywe

Makadamiaskywe (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié skyfies is heerlik vir ʼn kosblik!
Lewer 24 porsies

Bestanddele

  • 200 g (335 ml) koekmeel
  • 40 g (5O ml) versiersuiker
  • 120 g (125 ml) koue botter, in blokkies gesny
  • 1 eiergeel

BOLAAG

  • 125 g (130 ml) botter, in blokkies gesny
  • 65 g (100 ml) bruinsuiker
  • 100 ml heuning
  • 250 g makadamianeute, gekap

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n vlak, vierkantige 23 cm-pan met kleefwerende kossproei.
  2. Verwerk die meel, versiersuiker en botter tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Voeg die eiergeel by en meng tot die mengsel net bymekaarkom. Bring die deeg bymekaar en druk effens platter. Bedek met kleefplastiek en sit vir minstens 30 minute in die yskas.
  3. Rol die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit en druk liggies in die pan vas. Sny die deeg wat oorhang met ’n skerp mes af. Voer die pan met bak- of waspapier, vul met boontjies of rys en bak blind vir 15 minute. Haal uit, verwyder die gevulde papier en bak vir nog 5 minute.
  4. BOLAAG
  5. Meng intussen die botter, bruinsuiker en heuning in ’n kastrol oor ’n matige hitte. Roer tot die suiker opgelos is en laat vir 4-5 minute prut. Voeg die neute by en meng goed.
  6. Gooi die neutmengsel oor die deeg en bak vir nog 12-15 minute. Laat in die pan afkoel en sny in eweredige blokke.

Bron: Lekker & vinnig: Lekkers (Uit: Rooi Rose Versamelresepte, Vickie de Beer)

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.