61-jarige Sainz glimlag tussen duine

Lucas Cruz en Carlos Sainz vier hul Dakar-triomf. (Foto: Patrick Hertzog/AFP)

Carlos Sainz het op 61-jarige ouderdom die oudste deelnemer nóg geword om met die Dakar-louere weg te jaag.

Saam met landgenoot Lucas Cruz het “El Matador” die 12 skofte van die moordende tydren in ʼn tyd van 45:15:18 voltooi.

Dit is die Spanjaard se vierde Dakar-triomf.

Hulle is gevolg deur Guillaume de Mevius en Xavier Panseri van Overdrive Racing, terwyl Sebastien Loeb en Fabian Lurquin die podiumplekke afgerond het.

Suid-Afrika se Guy Botterill en Brett Cummings het algeheel sesde op die tydleer klaargemaak, terwyl Giniel de Villiers en Dennis Murphy sewende geëindig het.

In die motorfietsafdeling is Ricky Brabec die kampioen (algehele tyd van 51:30:08), met Botswana se Ross Branch (51:41:01) in die tweede plek.

Uitslae (12de skof):

  1. Sebastien Loeb en Fabian Lurquin: 01:39:41
  2. Guillaume de Mevius en Xavier Panseri: 01:44:50
  3. Vaidotas Zala en Paulo Fiuza: 01:45:02
  4. Guerlain Chicherit en Alex Winocq: 01:45:10
  5. Krzysztof Holowczyc en Lukasz Kurzeja: 01:45:36
  6. Mathieu Serradori en Loic Minaudier: 01:46:26
  7. Gareth Woolridge en Boyd Dreyer: 01:46:54
  8. Denis Krotov en Konstantin Zhiltsov: 01:46:55
  9. Benediktas Vanagas en Kuldar Sikk: 01:47:12
  10. Juan Yacopini en Daniel Carreras: 01:47:47

Algehele punteleer:

  1. Carlos Sainz en Lucas Cruz (Team Audi Sport): 45:15:18
  2. Guillaume de Mevius en Xavier Panseri (Overdrive Racing): 49:35:43
  3. Sebastien Loeb en Fabian Lurquin (Bahrain Raid Xtreme): 49:40:30
  4. Guerlain Chicherit en Alex Winocq: 49:51:17
  5. Martin Prokop en Viktor Chytka (Orlen Jipocar): 50:32:01
  6. Guy Botterill en Brett Cummings (Toyota Gazoo Racing): 50:55:51
  7. Giniel de Villiers en Dennis Murphy (Toyota Gazoo Racing): 51:05:44
  8. Benediktas Vanagas en Kuldar Sikk (Toyota Gazoo Racing Baltics): 51:12:35
  9. Lucas Moraes en Armand Monleon (Toyota Gazoo Racing): 51:18:30
  10. Mathieu Serradori en Loic Minaudier (Overdrive Racing): 51:19:30.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.