Al die F1-renjaers vir die komende seisoen

Lewis Hamilton. (Albert Gea via AP)

Soos wat dinge tans staan, het die huidige F1-wêreldkampioen Lewis Hamilton nog nie ’n span vir die komende seisoen nie.

Mercedes, die span saam met wie hy ses van sy sewe wêreldtitels verower het, wag nog vir die 36-jarige Brit se handtekening.

Maar volgens berigte uit Engeland het Hamilton en Mercedes koppe oor sy salaris gestamp. Hamilton wil graag sy tjek van £40 miljoen (meer as R815 miljoen) behou, terwyl die motorvervaardiger koste wil sny.

Die moontlikheid bestaan dat die opwindende George Russell – wat heel skaflik in Hamilton se afwesigheid vertoon het – agter die Silver Arrows-stuur kan klim.

Mercedes het egter onlangs ’n foto van ’n pen met ’n Mercedes-wapen daarop op hul amptelike Twitter-rekening geplaas.

“ ’n Mens weet nooit wanneer dit handig te pas kan kom nie,” was die onderskrif; wat die moontlikheid versterk dat Hamilton dalk binnekort ’n hernieude kontrak kan onderteken.

Bernie Ecclestone is in elk geval van mening dat die kontrak-drama pure oëverblindery is.

Hier is egter ’n lys van die renjaers wie se plek reeds agter die stuur verseker is:

  • Mercedes: Valtteri Bottas
  • Red Bull: Sergio Perez en Max Verstappen
  • McLaren: Daniel Ricciardo en Lando Norris
  • Aston Martin: Sebastian Vettel en Lance Stroll
  • Alpine (Renault): Fernando Alonso en Esteban Ocon
  • Ferrari: Charles Leclerc en Carlos Sainz
  • Alpha Tauri: Pierre Gasly en Yuki Tsunoda
  • Alfa Romeo: Kimi Raikkonen en Antonio Giovinazzi
  • Haas: Mick Schumacher en Nikita Mazepin
  • Williams: Nicholas Latifi en George Russell

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

koos10 ·

Bykans al die top spanne het ‘n ouer meer ervare en ‘n jonger bestuurder. George Russel sal die trent mooi reg stel. Ek het in elk geval my respek vir Hamilton verloor, nie as bestuurder nie maar as mens. Nee wat Mercedes, laat hom maar gaan dat hy en sy BLM beweging maar in politiek in gaan. Hy het in 2020 sy span en al die bestuurders as ook die FIA gedwing om sy denke te volg. Dankie vir die bestuurders en spanne wat nie vir hom geval het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.