Carlos Alcaraz nou in topvyf

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash / Ben Hershey)

Die Spaanse superster Carlos Alcaraz sal hierdie week die jongste tennisspeler word om in die topvyf op die wêreldranglys te verskyn sedert sy landgenoot Rafael Nadal dit in 2005 gedoen het. Hy het daardie mylpaal bereik deur te kwalifiseer vir vandag se eindstryd van die Hamburg-ope. Dit is sy vyfde eindstryd van die seisoen en hy het al vyf gewen.

Die 19-jarige Alcaraz het met 7-6 (7/2) en 6-1 in die halfeind afgereken met die Slowaak Alex Molcan. Hy speel vandag in die eindstryd teen Lorenzo Musetti.

Die 20-jarige Musetti is 62ste op die wêreldranglys.

By die ATP-toernooi in Gstaad het Matteo Berrettini vir Dominic Thiem 6-1 en 6-4 in sy spore gestuit om deur te dring na vandag se eindstryd.

Thiem het afgeskuif tot nommer 247 op die ATP-ranglys nadat ʼn seer gewrig, depressie en Covid-19 sy spel ontwrig het. Dit was die eerste halfeind waarin hy gespeel het in 14 maande.

Dit is Berrettini se eerste toernooi sedert hy hom aan Wimbledon moes onttrek met Covid-19.

Hy speel vandag teen die topgekeurde Casper Ruud, die verdedigende kampioen. Ruud het die Spanjaard Albert Ramos met 6-2 en 6-0 vermorsel in die ander halfeindstryd.Ul

In die vroue-toernooi in Hamburg het die ongekeurde Amerikaner Bernarda Pera verras en die eerstegekeurde Anett Kontaveit van Estland 6-2, 6-4 geklop in die eindstryd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.