Fees van die ongekeurdes

Stefanos Tsitsipas is deur Jordan Thompson uitgeskakel. Foto: Harry How/Getty Images via AFP.

Die Indian Wells-tennistoernooi het vir ʼn paar opskuddings in Kalifornië gesorg.

Stefanos Tsitsipas, die wêreld se derde beste speler, het teen Australië se Jordan Thompson (87ste op die ATP-ranglys) vasgeval.

Die eindtelling was 7-6, 4-6 en 7-6 in die Aussie se guns.

“Dit is ʼn onwerklike gevoel; boonop kon ek hierdie prestasie by ʼn ATP 1 000-toernooi vermag. Ek dink dit tel onder baie spelers gunstelingtoernooie en dit is pleinweg ongelooflik om vir Stefanos hier te klop,” het Thompson gesê.

Dan het Matteo Berrettini die onderspit teen Taro Daniel gedelf, terwyl Denis Shapovalov ook teen Ugo Humbert vasgeval het.

Daniil Medvedev het egter sy goeie spelpeil voortgesit toe hy met Brandon Nakashima afgereken het. Die eindtelling was 6-4 en 6-3 in die Rus se guns.

Die Moskou-boorling het vroeër drie toernooie op ʼn streep gewen toe hy die ATP-silwerware in Rotterdam, Doha en Dubai omhoog gehou het.

Uitslae:

Jordan Thompson klop Stefanos Tsitsipas met 7-6, 4-6 en 7-6

Emil Ruusuvuori klop Roberto Bautista Agut met 7-6 en 6-2

Cameron Norrie klop Wu Tung-lin met 6-2 en 6-4

Casper Ruud klop Diego Schwartzman met 6-2 en 6-3

Andrey Rublev klop Jiri Lehecka met 6-4 en 6-2

Frances Tiafoe klop Marcos Giron met 6-2 en 6-2

Daniil Medvedev klop Brandon Nakashima met 6-4 en 6-3

Taro Daniel klop Matteo Berrettini met 7-6, 0-6 en 6-3

Ugo Humbert klop Denis Shapovalov met 7-5 en 6-4

Alexander Zverev klop Pedro Cachin met 6-3 en 6-1

Maria Sakkari klop Shelby Rogers met 2-6, 6-4 en 6-0

Jessica Pegula klop Camila Giorgi met 3-6, 6-1 en 6-2

Jill Teichmann klop Belinda Bencic met 3-6, 6-3 en 6-3

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.