Kyk: Novak kry ’n heldeontvangs in Dubai

Novak Djokovic laat waai in Dubai. Foto: Twitter.

As jy verwag het dat Novak Djokovic ná sy deportasie-drama op die internasionale verhoog sou sukkel, moet jy maar weer dink.

Dit het die 34-jarige speler net ’n bietjie langer as ’n uur geneem om met Lorenzo Musetti in Dubai af te reken. Die eindtelling was 6-3 en 6-3 in sy guns.

En waar ondersteuners altyd ’n bietjie harder vir sy teenstanders geskree het, is die Serwiese vlae trots in Dubai rondgeswaai, terwyl sy naam gereeld vanuit die pawiljoensitplekke gehoor is.

“Ek kon nie vir beter ondersteuning gevra het nie. Dit is al ’n hele rukkie sedert ek my laaste wedstryd gespeel het en ek het nou ’n ongelooflike ervaring op die baan gehad. Baie dankie vir almal se ondersteuning en die wyse waarop julle my verwelkom het,” het Djokovic gesê.

Die wêreldno. 1-speler het glad nie sleg op die baan vertoon nie: Hy het Musetti met sy akkurate houespel op die agtervoet gedwing, terwyl hy bitter min ongedwonge foute gemaak het.

Tog glo Djokovic dat hy tot beter tennis in staat is.

“Ek is tevrede met my spel, veral wanneer ’n mens in ag neem dat ek vir amper drie maande nie op die internasionale verhoog was nie. Daar was ’n paar goeie oomblikke en terselfdertyd ’n paar minder goeie oomblikke; dit is egter te verstane as jy so lank langs die baan was.”

Die Serwiër is verlede week gedurende ’n onderhoud met BBC gevra of hy weens sy entstofstandpunt bereid sal wees om groot toernooie soos Wimbledon en die Franse Ope mis te loop. “Ja. Dit is die prys wat ek bereid is om te betaal,” was sy doodluiterse antwoord.

Andy Murray, ’n voormalige wêreldno. 1-speler, is ná sy wedstryd in Dubai oor Djokovic uitgevra.

“Ek stem nie heeltemal met hom saam nie. Ek dink dinge sal baie makliker vir hom wees as hy net besluit om ingeënt te word,” het die 34-jarige Brit gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Treurwilger ·

“… as hy net besluit om ingeënt te word … “, sê Andy Murray.
Genade ons, is dit die beste waartoe Murray in staat is!

Gelukkig is daar nog beskaafde, opgevoede tennisskares in sommige dele van die wêreld, waar die ingeëntes veilig genoeg voel om ander te akkommodeer sonder onaangenaamheid.
Go, Novak!

MakersMark ·

Speel maar in tweede rangse toernooie ipv om by die reels te hou. Dit nadat die kortpaadjies en storetjies in Aus nie gewerk het nie. Swak voorbeeld van ‘n wêreld nr 1.

Anna-Marie ·

Novak get nie kortpaaie gevat of kanse gevat nie. Die regter in die eerste verhoor het gesê dat hy alles gedoen het wat hy moes en dat hy mag speel. Die minister het sy spesiale magte gebruik om die visa finaal te kanselleer en sy rede was dat Novak Djokovic, as ongeënte, die Australiese burgers wat nie wil vaksineer nue, weer skietgoed gaan gee. Dit terwyl meer as 90% van hulle volwasse bevolking gevaksineer is. Australië moes voor die toernooi vir hom gesê het dat hy nie welkom is nie. Oor ‘n paar suurgesig provaksers gekla het, nadat hy getweet het dat hy goedkeuring gekry het om te speel, het die Australiërs sy visa gekanselleer en die situasie baie swak en ondiplomaties hanteer. Boonop het dit nie eers oor gesondheid gegaan nie, want gevaksineerdes wat siek was en eintlik nog in kwarantyn moes wees was toegelaat. Hoe jan iemand wat nie covid het nie, ‘n gevaar wees vir ander?

Andre ·

Anna-Marie, dit wys net hoe min vertroue lande in hul eie keuses en spuite glo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.