Lewis dalk op pad Hollywood toe?

Lewis Hamilton. Foto: Maxim Shemetov/AFP.

Lewis Hamilton se stilswye ná die dramatiese finale gebeure in Abu Dhabi laat baie kenners oor die Mercedes-renjaer se F1-toekoms kopkrap.

’n Veglustige Max Verstappen het toe in die laaste ronde die titel voor Hamilton se neus weggeraap om as die eerste Nederlandse F1-wêreldkampioen aangewys te word.

En volgens Jacques Villeneuve, voormalige wêreldkampioen, staan die 37-jarige Brit se kop dalk VSA toe.

“Ek interpreteer sy stilte as ’n poging om ’n bietjie spasie tussen hom en Toto Wolff (Mercedes-spanbaas) te skep,” het Villeneuve gesê.

“’n Mens kan immers met waardigheid verloor, maar Toto het homself soos iemand gedra wat Monopoly speel: Sodra hy verloor smyt hy alles van die tafel op die grond. Ek dink sodoende het sy reputasie baie skade gely.”

Villeneuve meen dat Hamilton dit dalk oorweeg om sy tasse vir die VSA te pak.

“Hamilton is sensitief oor die gebeure want hy dink waarskynlik aan sy toekoms in die VSA; dalk selfs in Hollywood.”

Tog meen die oudrenjaer dat ’n vurige renmotor dalk vir Hamilton sal oortuig om weer agter die stuur in te skuif.

“Baie hang van Mercedes se renmotor af; of hy maklik sal wen of nie. Lewis is moeg; hy het ’n paar maklike seisoene ná Nico Rosberg se uittrede geniet en hy sal regtig nie ’n herhaling van verlede jaar se drama wil hê nie.”

Maar Martin Brundle het vroeër gesê dat ’n mens nie te veel aandag aan die riemtelegramme oor Hamilton se moontlike uittrede moet gee nie.

Dié gewilde oudrenjaer en Sky Sports-kommentator het in ’n onderhoud gesê dat die gerugte darem ’n bietjie té dik vir ’n daalder is.

“Om eerlik te wees, ek glo dit glad nie. F1 verrig wondere vir die Mercedes-handelsmerk, terwyl Lewis op 37-jarige ouderdom op die kruin van sy bestuursvernuf moet wees. Hy sal terug wees,” het Brundle gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pieter ·

Hy dink mooi want dan kan hy sy ‘blm’ bevorder. Die ou moet nou net aanbeweeg.

Racheltjie Debeer ·

Ja nee, Hollywood sal goed wees vir sy sogenaamde BLM passie, Hy kan gerus maar sy tassies pak, niemand gaan hom mis nie.

Willi ·

Hoe gouer hy pad vat, hoe beter. Sal almal ‘n groot guns bewys.

VaalDonkie ·

Wat wil hy loop maak in die land wat volgens hom die lelikste met “mense van kleur” is?

SlinkseKoljander ·

Ag vader, ek dink hy en Megan Marcle moes trou. Hulle pas goed saam en media vrate

Henkb ·

Ek sien ‘n nuwe Nelson Mandela fliek op die horison……of gaan hy Stompie se rol speel…..

Vonkprop ·

Hy kan dalk ‘n rolletjie in 7de Laan los slaan omdat hy so vol drama is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.