Luister: Dis weer Al-Attiyah, maar SA se Lategan laat ook die wiele rol

Nasser Al-Attiyah. Foto: Franck Fife/Foto: AFP.

Suid-Afrika se Henk Lategan het gister ’n meesterlike vertoning in die derde skof in die Dakar-veldtydren gelewer toe hy die 403 km in net meer as drie uur en 20 minute voltooi het om tweede te eindig.

Sy Toyota-spanmaat, Katar se Nasser Al-Attiyah, het vir die tweede agtereenvolgende dag die moeilike terrein van Saoedi-Arabië getem en hy het weer eens die skof gewen.

Glyn Hall, Toyota Gazoo se spanbaas, was in die wolke oor Al-Attiyah en Lategan se vernuf agter die stuur.

“Die groot nuus is Henk en Brett (Cummings) se vertoning; hulle het net twee minute agter Nasser-hulle klaargemaak. Dit is die eerste keer in ’n lang ruk dat ons met ’n eerste en tweede plek kan spog,” het Hall gesê.

Lategan, wat al twee keer op die hoogste trappie van die Suid-Afrikaanse veldtydrenpodium gestaan het, was dankbaar oor die lesse wat hy in die eerste twee skofte geleer het.

“Ons was baie meer gemaklik en rustiger en die motor en dinge het goed vir ons uitgewerk,” het Lategan gesê.

  • Uitslae van die derde skof:
  1. Nasser Al-Attiyah/Matthieu Baumel (Toyota): 3:17:39
  2. Henk Lategan/Brett Cummings (Toyota) +2:27
  3. Stephane Peterhansel/Edouard Boulanger (Mini) +4:05
  4. Yasir Seaidan/Alexey Kuzmich (Century) +7:09
  5. Sheikh Khalid Al Qassimi/Xavier Panseri (Peugeot) +12:31
  6. Sebastien Loeb/Daniel Elena (Brx) +13:14
  7. Martin Prokop/Viktor Chytka (Ford) +13:42
  8. Mathieu Serradori/Fabian Lurquin (Century) +16:05
  9. Wei Han/Min Liao (Smg) +17:49
  10. Cyril Despres (Peugeot) +19:05

 

  • Algehele punteleer:
  1. Stephane Peterhansel/Edouard Boulanger (Mini) 10:39:02
  2. Nasser Al-Attiyah/Matthieu Baumel (Toyota) +5:09
  3. Matthieu Serradori/Fabian Lurquin (Century) +26:21
  4. Carlos Sainz/Lucas Cruz (Mini) +33:34
  5. Jakub Przygonski/Timo Gottschalk (Toyota) +44:22
  6. Sebastien Loeb/Daniel Elena (Brx) +45:49
  7. Henk Lategan/Brett Cummings (Toyota) +47:25
  8. Yasir Seaidan/Alexey Kuzmich (Century) +51:50
  9. Sheikh Khalid Al Qassimi/Xavier Panseri (Peugeot) +52:08
  10. Martin Prokop/Viktor Chytka (Ford) +56:30

 

  • Jeanette Kok-Kritzinger van Wiele2Wiele en Stephie Vetter van die Southern Africa Dakar Group hou ons op hoogte van wat in die Dakar-tydren gebeur en hoe dit met ons Suider-Afrikaanse deelnemers gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.