Max mik steeds na podiumplek

Sergio Perez en Max Verstappen. (Foto: Twitter/Red Bull)

ʼn Fout in een van die kwalifiserende rondes beteken dat Max Verstappen vandag negende in die Miami- Grand Prix sal wegspring.

Die verdedigende wêreldkampioen is egter steeds oorgehaal om op die podium te staan.

“Ek mik beslis na ʼn podiumplek. Om te wen is nie ʼn onmoontlike taak nie, maar dit gaan beslis nie maklik wees nie,” het Verstappen gesê.

Sy spanmaat, Sergio Perez, het die beste tyd opgestel en hy sal heel voor op die wegspringrooster staan.

Die twee Red Bull-renjaers is in ʼn verbete stryd om die eerste plek op die algehele punteleer gewikkel en Verstappen geniet tans ʼn voorsprong van slegs ses punte bó die bestendige Mexikaner.

“Ek sal voortgaan om my beste vir die span te lewer, want hulle doen ongelooflike werk. As voorlopers het ons die meeste om te verloor, maar sal nogtans ons bes doen om op alle suiers te vuur en die toeskouers se ondersteuning te geniet,” het Perez gesê.

Die Mercedes-span van George Russell en Lewis Hamilton spring onderskeidelik in die sesde en 13de plek weg.

Die wedren begin om 21:30 (SA tyd) en die aksie sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Wegspringrooster:

  1. Sergio Perez (Red Bull)
  2. Fernando Alonso (Aston Martin)
  3. Carlos Sainz (Ferrari)
  4. Kevin Magnussen (Haas)
  5. Pierre Gasly (Alpine)
  6. George Russell (Mercedes)
  7. Charles Leclerc (Ferrari)
  8. Esteban Ocon (Alpine)
  9. Max Verstappen (Red Bull)
  10. Valtteri Bottas (Alfa Romeo)
  11. Alex Albon (Williams)
  12. Nico Hulkenberg (Haas)
  13. Lewis Hamilton (Mercedes)
  14. Zhou Guanyu (Alfa Romeo)
  15. Nyck de Vries (AlphaTauri)
  16. Lando Norris (McLaren)
  17. Yuki Tsunoda (AlphaTauri)
  18. Lance Stroll (Aston Martin)
  19. Oscar Piastri (McLaren)
  20. Logan Sargeant (Williams).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

TRP ·

Verstappen het ongelooflik gedoen om uit 9de posisie die wen posisie op die poduim te kon verower.

Hennie Biebouw ·

Wat ‘n meesterlike vertoning deur Max Verstappen. Hy is enig in sy klas. Perez is nie naastenby van Max se kaliber nie. Die ander groot storie bly Fernando Alonso se vertonings in die Aston Martin. Alonso is beslis een van dié beste jaers ooit, al wys sy statistieke dit nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.