Max wen vir die 50ste keer

Max Verstappen – eerste in die VSA. (Foto: Twitter/Max Verstappen)

Max Verstappen se 50ste loopbaansege is ook in die sakkie nadat hy in die Amerikaanse Grand Prix koning gekraai het.

Die uitslag beteken dat hy nou Alain Prost (51 titels) en Sebastian Vettel (53 titels) in visier het.

Die 26-jarige Red Bull-renjaer het Sondag sesde weggespring en hy het stelselmatig die ander renjaers verbygesteek totdat hy die algehele voorloper was.

Hy moes egter later ʼn verbete aanslag van Lewis Hamilton in sy Mercedes-renmotor afweer, terwyl hy ook met sy remme gesukkel het.

“Dit is ongelooflik om my 50ste Grand Prix hier in Austin te vier. Ek is baie trots en sal harder werk om aan te hou wen,” het Verstappen gesê.

Hamilton is saam met Charles Leclerc ná afloop van die aksie gediskwalifiseer toe wedrenbeamptes tegniese ongerymdhede in hul renmotors raakgesien het.

Die sewemalige wêreldkampioen sou tweede geëindig het, terwyl Leclerc sesde in sy Ferrari klaargemaak het.

Al twee renspanne het verteenwoordigers gestuur om met die beamptes te praat, maar hul protes het op dowe ore geval.

Uitslae:

  1. Max Verstappen (Red Bull)
  2. Lando Norris (McLaren)
  3. Carlos Sainz (Ferrari)
  4. Sergio Perez (Red Bull)
  5. George Russell (Mercedes)
  6. Pierre Gasly (Alpine)
  7. Lance Stroll (Aston Martin)
  8. Yuki Tsunoda (AlphaTauri)
  9. Alex Albon (Williams)
  10. Logan Sargeant (Williams)

Jaerspunteleer:

  1. Max Verstappen: 466 punte
  2. Sergio Perez: 240 punte
  3. Lewis Hamilton: 201 punte
  4. Fernando Alonso: 183 punte
  5. Carlos Sainz: 171 punte
  6. Lando Norris: 159 punte
  7. Charles Leclerc: 151 punte
  8. George Russell: 143 punte
  9. Oscar Piastri: 83 punte
  10. Pierre Gasly: 56 punte

Vervaardigerspunteleer:

  1. Red Bull: 706 punte
  2. Mercedes: 344 punte
  3. Ferrari: 322 punte
  4. McLaren: 242 punte
  5. Aston Martin: 236 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.