MotoGP: Brad Binder agtste in Le Mans

Brad Binder. (Foto: Javier Soriano / AFP)

Agtste in die Franse MotoGP, steeds agtste op wêreldkampioenskap-puntelys.

Dit is die verhaal van Suid-Afrika se Brad Binder (Red Bull KTM) nadat hy Sondagmiddag in Le Mans agtste in die Franse MotoGP geëindig het.

Die Grand Prix is deur die Italianer Enea Bastianini (Ducati) in 41 minute en 34.613 sekondes gewen.

Die Australiër Jack Miller (Ducati) was tweede, Aleix Espargaro van Spanje (Aprila) derde, gevolg deur Fabio Quartararo (Yamaha) vierde, Johann Zarco (Ducati) vyfde en Marc Marquez (Honda) sesde.

Binder, wat weer nie goed in die kwalifisering gevaar het nie en 18de weggespring het, het 18.459 sekondes agter Bastianini geëindig.

Dit was Bastianini se derde in sewe wedrenne vanjaar en hy het sy aanspraak op die wêreldtitel verstewig.

Die huidige wêreldkampioen, Quartararo (102 punte), is steeds voor, gevolg deur Espargaro (98), Bastianini (94), Alex Rins (69), Miller (62) en Johann Zarco (62).

Binder (56) is agtste.

Verskeie van die voorste jaers, soos Miguel Oliviera (KTM), Francesco Bagnaia (Ducati), Jorge Martin (Ducati), Raul Fernandes (KTM), Johann Mir en Alex Rins (albei Suzuki) asook Remy Gardner (KTM) het geval en kon nie die Grand Prix voltooi nie.

Brad Binder se jonger broer, Darryn, het 17de geëindig.

Die volgende Grand Prix is die Italiaanse MotoGP in Toskane.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Duck ·

Aag nee wat Binder, al wanneer jy kan wen is as daar ‘n klomp manne voor jou val….dis nou te sè as jy nie ook val nie, en boeta Binder is ook maar gereeld op die grond. Maar nou ja, aanhou en uithou, eendag sal jy darm seker die vrugte pluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.