Novak, Rafa op Aussie-inskrywingslys

Rafael Nadal spog met sy Australiese Ope-trofee. Foto: Martin Keep/AFP.

Novak Djokovic, Carlos Alcaraz en Rafael Nadal is van die groot sterre wat vroeg volgende jaar deel van die Australiese Ope-tennisaksie in Melbourne sal wees.

Volgens die amptelike inskrywingslys is Alcaraz die topgekeurde speler, terwyl Nadal en Djokovic onderskeidelik tweede en vyfde op dié lys is.

Daniil Medvedev, wat vanjaar teen Nadal in die eindstryd verloor het, tel ook saam met spelers soos Stefanos Tsitsipas en Andrey Rublev onder die topgekeurde spelers.

In die vroue-afdeling sal Iga Swiatek en Ons Jabeur weer eens die gunstelinge wees om met die louere weg te stap.

Die Australiese Ope word van 16 tot 29 Januarie  beslis.

Australiese Ope-inskrywingslys (mans):

  1. Carlos Alcaraz
  2. Rafael Nadal
  3. Casper Ruud
  4. Stefanos Tsitsipas
  5. Novak Djokovic
  6. Felix Auger-Aliassime
  7. Danill Medvedev
  8. Andrey Rublev
  9. Taylor Fritz
  10. Hubert Hurkacz

Australiese Ope-inskrywingslys (vroue):

  1. Iga Swiatek
  2. Ons Jabeur
  3. Jessica Pegula
  4. Caroline Garcia
  5. Aryna Sabalenka
  6. Maria Sakkari
  7. Coco Gauff
  8. Daria Kasatkina
  9. Veronika Kudermetova
  10. Madison Keys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.