Hoewel die meeste kinders ʼn slapie vang terwyl hulle vir die helfte van die week, vir ure aaneen, aan ʼn masjien gekoppel is, poog KidneyKidz om hierdie tyd meer opwindend te maak.
Lees meerAlles vir Sondag 11 Desember 2022
Voller, blink lippe vanjaar hoogmode
“Die gloeiende, ‘geengrimering’-voorkoms was vanjaar groot en is beslis hier om te bly.”
Jhb-buurte al dae in donker ná storms
Die inwoners van Roodepoort het Sondag die strate ingevaar in protes teen die voortslepende kragonderbrekings en selfs bande begin brand.
Pitbull-betogers gekeer om by DBV in Bloem op te ruk
Die dringende aansoek is Vrydag voor die hof gebring nadat pitbull-liefhebbers die vorige week opgeruk het oor die DBV se besluit om talle pitbulls van kant te maak.
Blitsbokke steier in Kaapstad
Dit was nie dieselfde afgeronde Blitsbokke wat die vorige twee dae hul teenstanders uit die pad gevee het nie.
Ockie Strydom tem Leopard Creek
Die meer bekende name het hul bes gedoen om hom in te haal, maar kon nie daarin slaag nie.
Komediant Schalk Bezuidenhout haak af
Verskeie bekendes en vriende van die paartjie, onder wie die aktrises Simoné Nortmann en Mila Guy, asook musiekmakers soos Karen Zoid en Francois van Coke, het die paartjie op sosiale media gelukgewens.
Oud-polisievrou sit stryd voort om vroue te help
Sharon Jephta is ʼn afgetrede luitenant-generaal wat deesdae haar kundigheid gebruik om vroue, te midde van ʼn vlaag geslagsgeweld, met die noukeurigheid van ʼn goed beplande polisie-operasie te help wegkom uit ʼn omgewing waar hulle misbruik word.
Novak, Rafa op Aussie-inskrywingslys
Volgens die amptelike inskrywingslys is Carlos Alcaraz die topgekeurde speler, terwyl Rafael Nadal en Novak Djokovic onderskeidelik tweede en vyfde op dié lys is.
Vyf vas vir renosterstropery
Twee renosterkoeie is dood op ʼn wildplaas aangetref nadat hulle glo geskiet is. Albei se horings is ook verwyder.
Aussies vry na Eddie Jones
Die Engelse rugbyunie het afrigter Eddie Jones in die pad gesteek en nou lyk dit of sy geboorteland hom weer wil inspan.
Vermoorde Matie-student se pa sterf
ʼn Familielid van landdros Willem Cornelius het Saterdagaand die nuus op Facebook gedeel.
Gaan Proteas waag met Bavuma?
Die vraag is of die keurders die Proteas se kaptein gaan insluit in die span wat van volgende week af in die eerste toets op die Gabba gaan speel.
Só vaar SA’ners teen Europese teenstanders
Die Cheetahs het hul Europese terugkeer met ʼn stewige vertoning weg van die huis gevier.
Aussies trap Windies weer
Daar is wel nou ʼn probleem vir Australië se krieketspan vir volgende week se toets teen Suid-Afrika.
Veel meer nodig om SA se oseane te beskerm
“Ons onderskat net hoeveel ons staatmaak op ʼn skoon, florerende oseaan.”
Trokbestuurder veilig ná ontvoering by grenspos
Die betrokke grenspos, nes talle ander in die land, is na bewering ʼn brandpunt vir opportunistiese misdade en die polisie het ʼn beroep op vragmotorbestuurders gedoen om by grensposte liefs in hul voertuie te bly.
Langdurige beurtkrag kan water, sanitasie raak
Die Stad Kaapstad het reeds gemaan dat waterbeperkings moontlik ingestel moet word indien die waterverbruik nie laer as 950 miljoen liter per dag gehou kan word nie.
Departement maak stem dik oor ‘Covid-19-gerug’
Suid-Afrikaners is die afgelope paar dae op hol gejaag nadat gerugte die ronde doen dat ʼn nuwe Covid-19-variant ontdek is.
Luister: Nádine streef na gestroopte lewe, liefde
“ʼn Ding loop soos stroop of dit loop nie; ʼn motor ry of dit ry nie. Almal van ons wil by iemand wees wat nie verskonings het nie.”