Olimpiese Spele: SA roeiers stel teleur

Japan se Horigome Yuto wen die heel eerste goue medalje wat vir skaatsplankry by die Olimpiese Spele toegeken word (25 Julie 2021) (Foto: Jeff Pachoud/AFP)

Daar was groot verwagtinge van Suid-Afrika se roeiers by die Olimpiese Spele in Tokio. Nie veel het daarvan gekom nie en hulle sal sonder medaljes huis toe kom. Dit sal die eerste keer sedert 2008 wees dat die roeiers nie ʼn medalje wen nie – om die waarheid te sê hulle kon nie eers tot die eindrondtes deurdring nie.

Die groep van Lawrence Brittain, Kyle Schoonbee, John Smith en Sandro Torrente eindig in albei hul uitdunne laaste. Die manspaar van Luc Daffarn and Jake Green was ook vandag laaste in hulle repechage en sal nie ʼn medalje kan wen nie.

Branderplankry: Bianca Buitendag het tweede geëindig in haar uitdun in die tweede ronde. Sy dring deur na die derde ronde.

Skaatsplankry: Dit is die eerste keer dat dié sport by die Olimpiese Spele plaasvind. Brandon Valjalo van Span Suid-Afrika eindig 18de in die kwalifiseringsrondtes van die straatstyl-afdeling en dring nie deur na die finaal nie. Die Japanner Horigome Yuto wen die heel eerste goue medalje wat vir hierdie sport toegeken word.

Waterpolo: Suid-Afrika se mansspan verloor 2-21 teen Italië, die span in die sewende plek op die wêreldranglys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anel ·

Hierdie spele moes nooit plaasgevi d het nie. Net my opinie.

Lionel ·

Anel, dis maklik om te sê dit moet net gekanselleer word – wat van al die biljoene dollars wat reeds spandeer is, en afgesien van geld al die duisende ure wat deur hoeveel mense aan die Spele afgestaan is. Party mense werk al langer as 10 jaar om dit ‘n werklikheid te maak dat die spele na Tokio terugkeer. En al die atlete vir wie die Spele die laaste een ooit sal wees voor aftrede ens. Maklik om net te sê dit moet gekanselleer word

piet ·

Suid-Afrika vaar darem ook pateties by die Olimpiese Spele. Ons behoort beter te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.