Protea-spelers bly skitter in Australië

Phumza Maweni en Karla Pretorius. Foto: Facebook.

Een van die redes vir die Proteas se sukses by die afgelope Wêreldbeker-netbaltoernooi in Liverpool word aan die spelers se deelname in die mededingende oorsese ligas toegeskryf.

Hoewel die ligas beslis ’n positiewe invloed op die Proteas se spel op die internasionale verhoog het, is hul bydra tot die betrokke ligas ook glad nie te versmaai nie.

In Australië se Suncorp Superliga het Karla Pretorius en Phumza Maweni se Sunshine Coast Lightning-span die afgelope naweek die Giants met 60 – 56 geklop.

Dan was Shadine van der Merwe se Adelaide Thunderbirds te sterk vir Erin Burger en Lenize Potgieter se Queensland Firebirds. Die eindtelling in dié wedstryd was 71 – 59 in die Thunderbirds se guns.

Netbal is ’n spansport, maar die Suid-Afrikaners vaar ook nie té sleg as individuele spelers nie.

In die waardevolste speler-kategorie is Pretorius in die vyfde plek met haar 840.5 punte. Sy sal vir Jamaika se Shamera Sterling (1 091.5 punte) moet onttroon om met die titel weg te stap.

As verdediger het sy reeds 52 balle onderskep, terwyl haar spanmaat, Maweni, 28 keer die bal onderskep het.

  • Puntestand in die Superliga:
  1. Swifts (72 punte)
  2. Lightning (68 punte)
  3. Vixens (62 punte)
  4. Giants (46 punte)
  5. Magpies (45 punte)
  6. Thunderbirds (29 punte)
  7. Fever (29 punte)
  8. Firebirds (19 punte)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

T van Schalkwyk ·

Skitterende vertonings deur die Suid-Afrikaners! Welgedaan!
Dit lei ook na ‘n verstommende verbetering by die Proteas.
Sommige Aussie-sportkommentators is van mening dat die onbeperkte aantal buitelandse spelers in die Australiese spanne moontlik ‘n bydraende faktor is dat die Australiese nasionale span nie meer so oorheersend presteer nie.
Nieu-Seeland laat bv. net een buitelandse speler per span toe.

kolla ·

Hul deelname in hierdie beroepsligas verhoog beslis die kwaliteit van ons nasionale span.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.