SA’ner Daryl Impey wen 9de Tour de France-skof

Suid-Afrika se Daryl Impey vier sy oorwinning oor die eindstreep van die negende skof van die Tour de France (14 Julie 2019) (Foto: Christophe Ena/AP Photo)

Daryl Impey van Suid-Afrika het die negende skof van die Tour de France gewen. Hy het na die Suid-Afrikaanse vlag op sy trui gewys toe hy oor die eindstreep in Brioude gejaag het.

Hy het die Belgiese fietsryer Tiesj Benoot geklop in ʼn twee-man-jaagtog.

Hulle was deel van ʼn groep van 14 mans wat weggebreek het kort ná die skof in Saint-Etienne begin het. Omdat nie een van die wegbreekryers aanspraakmakers is op die titel in Parys op 28 Julie nie, het die voorloper Julian Alaphilippe en ander topryers hulle toegelaat om vooruit te beweeg.

Dit is Impey se eerste skofoorwinning in sewe Tour de France-wedrenne. Hy was in 2013 twee dae lank die voorste ryer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Andreas ·

Engeland het nie ‘n Clive Rice of ‘n Lance Klusener nie!

Therese van Schalkwyk ·

‘n Prag prestasie! Veels geluk aan Daryl Impey!
Die Australiese Mitchelton Scott-span beskryf Impey as die ruggraat van hulle span en is baie trots op hom.

Harry ·

Dis hoe dit gedoen word waar daar geen BEE inmenging is nie – mooi gedoen Darrel, ons is almal trots op jou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.