Sing, renjaer, sing

Lewis Hamilton. Foto: AP Photo/Andre Penner

Die Britse renjaer Lewis Hamilton is goed op koers om al Michael Schumacher se F1-rekords te verbeter, maar hy sorg ook gereeld vir ’n tikkie omstredenheid. Hetsy deur ’n kampvegter vir die Black Lives Matter-beweging te wees, of om swaarde met van die sportsoort se legendes (soos sir Jackie Stewart of Bernie Ecclestone) te kruis.

Nou het die 35-jarige in sy jongste Instagram Live-sessie ook sy musikale vernuf uitgestal en in die proses agt van sy oorspronklike skeppings aan ondersteuners bekend gestel.

Dit is nie die eerste keer dat ’n sportster sy kolf of atletiekdrag vir die mikrofoon verruil nie. Maar waar hul treffers normaalweg drome bewaarheid, sing Hamilton in sommige van sy liedjies oor alkohol en ander fuifsessies.

Die Britse Daily Mail berig dat die Mercedes-ster tien jaar aan sy musiek gewerskaf het en tussendeur lirieke soos “All night I’ve been drinking way too much. This girl I’m leaving with ain’t come with us”, sing hy ook oor sy F1-loopbaan en sy verhouding met Nicole Scherzinger.

Hamilton het vroeër ook bevestig dat hy saam met Christina Aguilera aan een van haar liedjies gewerk het.

Lewis Hamilton. (Bryn Lennon, Pool via AP)

“Ek het ’n passie vir musiek en ek hoop van julle kan julself met die liedjies vereenselwig. Dit het my ongetwyfeld gehelp om deur van die moeilikste tye in my lewe te kom,” het Hamilton gesê.

Hoewel hy tans nie sy gelyke op die renbaan het nie, meen talle ontleders dat die blitsige Mercedes-motor hom ’n onregverdige voorsprong gee.

“Lewis het ’n baie goeie besluit geneem toe hy McLaren vir Mercedes verlaat het. Ek haal trouens my hoed vir hom daaroor af. Maar om eerlik te wees, die Mercedes-enjin is tans só superieur dat dit amper onregverdig is,” het sir Jackie Stewart vroeër gesê.

“Dit is moeilik om vir só ’n renjaer dieselfde respek te hê as vir iemand wat amper iets soortgelyks met ’n swakker motor vermag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tanja ·

Ek het al my respek vir Leeis Hamilton verloor na sy BLM -beweeging

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.