Só staan sake by Cape Epic

Nino Schurter en Lars Forster in aksie tydens die sesde skof. Foto: Nick Muzik/Cape Epic

Die voorlopers in die mans- en vroue-afdelings by vanjaar se Cape Epic het Saterdag hul voorsprong vergroot en lyk verseker van ʼn oorwinning tydens Sondag se laaste skof op die Val de Vie-landgoed buite die Paarl.

Die vrouespan van Investec-songo-Specialized, Annika Langvad en Anna van der Breggen, het in 4:43:12 die sesde skof oor 89 km gewen terwyl die manspan van Nino Schurter en Lars Foster van die span Scott-SRAM MTB-Racing nie die skof gewen het nie, maar hul voorsprong vergroot het.

Anna van der Breggen en Annika Langvad. Foto: Shaun Roy/Cape Epic

Die Suid-Afrikaner Candice Lill en haar Duitse spanmaat Adelheid Morath (Summit Fin), die wenners van Vrydag se skof, het Saterdag tweede geëindig maar is nou 30 minute agter die voorlopers met net Sondag se finale skof van 70 km wat voorlê.

Die Colombiaan Louis Meija en die Italianer Johnny Cattaneo (7C CBZ Wilier) het Saterdag se sesde skof gewen. Schurter en Forster was tweede. Matthys Beukes en Philip Buys, wat Vrydag se skof gewen het, het 26ste klaargemaak.

Suid-Afrikaners Alan Hatherly en Matthew Beers was vyfde en sal Sondag se Afrika-afdeling vir die beste deelnemers van Afrika wen.

Uitslae: Algeheel:

Mans:

  1. Nino Schurter en Lars Forster (Scott-Sram) 23:12.06,2
  2. Manuel Fumic en Henrique Avancini (Cannondale) +8.00,0;
  3. Damiano Ferraro en Samuele Porro (Trek Selle San Marco) +17.00,0

Vroue:

  1. Annika Langvad en Anna van der Breggen (Investec-songo-Specialized) 27:52.55,2
  2. Candice Lill en Adelheid Morath (Summit Fin) +31.00,0
  3. Ariane Lüthi en Maja Wloszczowska (Kross-Spur) +1:02.00,0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.