Spanje se Sainz wen Dakar

Carlos Sainz vier sy oorwinning. (AP Photo/Bernat Armangue)

Spanje se Carlos Sainz het sy derde Dakar-titel verower terwyl Fernando Alonso ’n skaflike 13de plek in sy eerste probeerslag losgery het.

Sainz en sy navigator, Lucas Cruz, het die moordende wedren van 12 skofte met hul tyd van 42:59:17 uur gewen. Hy het sy vorige titels in 2010 en in 2018 ingeoes.

Die verdedigende kampioen, Katar se Nassar al-Attiyah, het tweede klaar gemaak met Frankryk se Stéphane Peterhansel in die derde plek.

Alonso – ’n voormalige F1-wêreldkampioen – was meer as vier uur ná Sainz oor die wenstreep, terwyl Suid-Afrika se Giniel de Villiers vyfde in sy Toyota Hilix was.

Die VSA se Ricky Brabec het die motorfietsafdeling gewen.

  • Uitslae:
  1. Carlos Sainz en Lucas Cruz van Bahrain JCW X-Raid (42:59:17)
  2. Nasser al-Attiyah en Matthieu Baumel van Toyoto Gazoo Racing (43:05:38)
  3. Stéphane Peterhansel en Paulo Fiuza van Bahrain JCW X-RAID (43:09:15)
  4. Yazeed al-Rajhi en Konstantin Zhiltsov van Overdrive Toyoto (43:48:27)
  5. Giniel de Villiers en Alex Haro van Toyota Gazoo Racing (44:06:26)
  6. Orlando Terranova en Bernardo Graue van X-Raid Mini JCW (44:11:32)
  7. Bernhard ten Brinke en Tom Colsoul van Toyota Gazoo Racing (44:17:51)
  8. Mathieu Serradori en Fabian Lurquin van SRT Racing (44:58:38)
  9. Yasir Seaidan en Kuzmich Alexy van Race World (46:41:34)
  10. Wei Han en Min Liao van Geely Auto Shell Lubricant (46:50:24)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Seeklong ·

Kan Giniel asseblief met ‘n FORD ry, hy kan dit doen, gee die man net die regte voertuig.

Karlahari ·

Die Dakar word oor dae beslis. Nie maande nie.
Kuga kan dalk werk in die woestyn. Rook sal hulle help om hom op te spoor….

Vraagteken ·

Ja, jy’s 100% reg. Die Fords is mos almal daar heel voor.

Vita ·

Wat n ongelooflik Rally, die natuurskoon was baie mooi, die Toyotas het net nie die spoed om saam die Mini’s te ry nie, hulle het nogsteeds baie goed gedoen, volgende jaar kan hulle net beter doen, sien uit na volgende jaar, as die Here Ons God dit wil ,

Karlahari ·

Twee laaities spog oor wie se pa se plaas die grootste is.
Sê die een:
As ons vanoggend om die plaas begin ry kom ons eers vanaand weer by die huis.
Sê die anner een.
Ons het ook so gesukkel toe ons nog n Ford bakkie gery het…..

Siener ·

Kalahari daai ou grappie is amper net so oud soos jou rollox met sy olie lekke. Daai drie 0 ‘s voor n toyota badge staan vir zero performance, zero rygerief . Zero veiligheid.

Paul Windhoek ·

Die groter storie is wat Taye Perry van Pretoria reg gekry het op haar motorfiets. SA moet trots wees op haar –weeg net 52 kg en 1.58m lank en sy het manne gas gegee. Mens kan maar net wonder waar sy sou wees as haar fiets nie 2de laaste dag moeilikheid gegee het nie! Verbaas julle noem haar nie eers nie!

Siener ·

Die toyota het geen betroubaarheid nie. Alles wat breuk en gaan breuk word elke dag vervang. Die voertuig wat die minste onderdele gebruik is in my oe die wenner. Dis waarom hulle onderhouspan so groot is

Vonkprop ·

Gee tog net vir Giniel ‘n Ford Ranger Raptor, klap ‘n Dakar plakker op en laat die man pad vat. Hulle gaan baie meer geld spaar en die man sal iewers kom. Hoe lank wil hulle nou nog sukkel met die Toyota’s.

Siener ·

Hulle hoef ook nie elke aand die gebreekte parte en die wat nog gaan breuk te vervang nie. As ek na die parte vervanging s op Toyota kyk is Toyota baie onbetroubaar

Vraagteken ·

Giniel moet eers sy spanmaats wen voordat jy kan praat van om die wedren te wen.

Vraagteken ·

Waarna het jy gekyk? Die Mini’s se injectors word elke 2/3de dag vervang. O ja, die Fords is mos betroubaar – dis hoekom hulle almal daar voor was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.