Tennis: Hurkacz teen Carreno Busta in Kanada-eindstryd

Hubert Hurkacz van Pole in sy wedstryd teen Casper Ruud van Noorweë (13 Augustus 2022) Foto: Minas Panagiotakis/Getty Images North America/Getty Images via AFP)

Die Pool Hubert Hurkacz het die vierde gekeurde Casper Ruud van Noorweë verras en deurgedring na vanaand se eindstryd van die ATP-meesterstoernooi in Montreal. Die telling was 5-7, 6-3 en 6-2.

Ruud het net een stel in die toernooi verloor voordat hy teen Hurkacz te staan gekom het.

Hurkacz se teenstander in die eindstryd is Pablo Carreno Busta. Die Spanjaard moes baie harder werk om die Brit Daniel Evans te klop. Dit het hom drie uur gevat om 7-5, 6-7 (7/9), 6-2 te wen.

Die sal Carreno Busta se eerste eindstryd in ʼn Meesterstoernooi wees. Hy sal probeer om die eerste ongekeurde Kanadese kampioen te word sedert die Argentyn Guillermo Canas in 2002 daar gewen het.

By die vroue se meesterstoernooi in Toronto gaan Simona Halep probeer om haar derde Kanadese titel te wen. Sy speel in vandag se eindstryd teen die vasbyter van Brasilië, Beatriz Haddad Maia.

Sy het Karolina Pliskova 6-4, 7-6 (9/7) in die halfeindstryd geklop. Halep het die Amerikaner Jessica Pegula 2-6, 6-3, 6-4 geklop vir haar plek in die eindstryd. Sy het gewys wat in haar steek nadat sy uit die toptien in die wêreld geval het ná ʼn besering. As sy die titel wen, sal sy opskuif na die sesde plek op die wêreldranglys.

Haddad Maia, nommer 24 op die wêreldranglys, het in die derde ronde vir ʼn opskudding gesorg toe sy die wêreld se topspeler, Iga Swiatek, geklop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.