Topafrigter sê Novak is die beste

Novak Djokovic. (Foto: Adrian Dennis/AFP.)

Volgens Patrick Mouratoglou hoef daar nie gewroeg te word oor wie die beste tennisspeler in die wêreld is nie. Die antwoord is eintlik heel eenvoudig: Novak Djokovic.

“Op die oomblik is dit wraggies onmoontlik om nie te sê dat Novak die beste is nie,” het die bekende tennisafrigter gesê.

Die Serwiër se inentingstatus steek steeds ʼn stokkie voor sy deelname by ʼn paar toernooie en hy het onder meer die hardebaantoernooie in Kalifornië en Florida misgeloop.

“Selfs al loop hy ʼn paar toernooie mis, is hy steeds die wêreldnommereenspeler en hy sal eendag waarskynlik as die grootste speler nóg bekendstaan. Novak Djokovic is iemand wat al vir die afgelope 15 jaar Grand Slam-toernooi wen.”

Mouratoglou meen dat Carlos Alcaraz beslis eendag die tennisleisels by die Serwiese ster kan oorneem.

“Ek verstaan waarom mense opgewonde raak oor Carlos se spel. Hy kan ʼn bal baie hard slaan terwyl hy ook oor ongelooflike plofkrag beskik. Maar is hy al bó Novak? Nog nie.”

Volgens die tennisafrigter kon Djokovic sy stempel in ʼn era afdruk waartydens Roger Federer en Rafael Nadal links en regs toernooie gewen het. En dit sit nie in enigiemand se broek nie.

“Novak het doodeenvoudig net met al twee spelers klaargespeel om die eerste plek op die wêreldranglys in te neem.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Treurwilger ·

Mouratoglou slaan die spyker op die kop wat Novak betref.
Tenniskoning van hierdie era, finish en klaar.
Ook reg met Alcaraz, want hy en Medvedev gaan die vaandel by Novak en Nadal oorneem in die nabye toekoms.

George ·

Hy kan die rekords verbeter, vir my sal Federer altyd die goat bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.