Tsunoda maak dinge moeilik vir Hamilton

Yuki Tsunoda. Foto: Florion Goga/AFP.

Yuki Tsunoda het gister in die negende plek by die Turkse Grand Prix weggespring, met Lewis Hamilton net ’n plek of twee agter hom.

Maar vir agt aksiebelaaide rondes het die jong AlphaTauri-renjaer sake vir die verdedigende wêreldkampioen bemoeilik en die Brit het gesukkel om hom verby te steek.

“Dit is Honda se laaste F1-jaar en ek wil hê Max Verstappen moet die titel moet wen; nie net vir Honda nie, maar ook vir Red Bull,” het Tsunoda gesê.

“Daarom het ek probeer om vir Lewis so lank as moontlik agter my te hou. Ek sou dit graag vir 20 rondes wou gedoen het – agt is nie genoeg nie.”

Dit is nie die eerste keer vanjaar dat Hamilton sukkel om verby ander renjaers te kom nie. Fernando Alonso het tydens die Hongaarse Grand Prix ook ’n lekker kat-en-muis-speletjie met die Mercedes-renjaer gespeel.

Die 40-jarige Spanjaard het toe gesorg dat Hamilton met ’n derde plek tevrede moet wees nadat Verstappen vroeg in die wedren uitgeskakel is.

“Alonso is nie verniet ’n voormalige wêreldkampioen nie en hy sal verbete agter die stuur veg. Dit was ongelooflik,” het Hamilton ná daardie tweestryd gesê.

  • Jaerspunteleer:
  1. Max Verstappen (Red Bull) 262,5
  2. Lewis Hamilton (Mercedes) 256,5
  3. Valtteri Bottas (Mercedes) 177
  4. Lando Norris (McLaren) 145 punte
  5. Sergio Perez (Red Bull) 135 punte
  6. Carlos Sainz (Ferrari) 116,5 punte
  7. Charles Leclerc (Ferrari) 116 punte
  8. Daniel Ricciardo (McLaren) 95 punte
  9. Pierre Gasly (AlphaTauri) 74 punte
  10. Fernando Alonso (Alpine) 58 punte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stefaan ·

Ek ondersteun twee jaers. Verstappen en die een wat Hamilton uithaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.