Verstappen vergroot voorsprong

Max Verstappen tydens Sondag se Franse Grand Prix . (Foto: Sylvain Thomas / AFP)

Die Nederlander Max Verstappen (Red Bull) het sy voorsprong in die bestuurderskampioenskap tot 63 punte vergroot met sy oorwinning in die Franse Grand Prix op die Paul Ricard-baan.

Verstappen het in die tweede plek weggespring en Charles Leclerc (Ferrari) het sy voorste wegspringplek goed gebruik om ʼn voorsprong van tien sekondes op te bou. Dit was die geval tot die 18de ronde toe hy van die baan gejaag en teen die reling geëindig het. Sy span het hom sien vertrek in ʼn renmotor, maar hy is op ʼn bromponie terug kuipe toe.

Terwyl talle ander jaers kuipe toe is terwyl die veiligheidsmotor voor gejaag het, het Verstappen vasgebyt en die situasie ten volle uitgebuit. Hy het die wedren uiteindelik met tien sekondes gewen.

Vir Mercedes was dit ʼn uitstekende dag. Lewis Hamilton het in sy 300ste wedren sy beste uitslag van die seisoen gehad en in die tweede plek klaargemaak. Boonop was sy spanmaat George Russell derde. Om een of ander onverstaanbare rede het Red Bull besluit om Sergio Perez laat in die wedren kuipe toe te roep en dit het vir Russell die geleentheid geskep om ook op die podium te staan.

Verstappen het nou sewe van die 11 wedrenne hierdie seisoen gewen en hy gaan moeilik geklop word om vir die tweede agtereenvolgende jaar wêreldkampioen te wees.

Volgende Sondag is die vinnige manne in Boedapest vir die Hongaarse Grand Prix.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Snowball ·

Wonder ook, want dit was inderdaad Sainz wat kuipe toe geroep is, net nadat hy Perez verbygesteek het met indrukwekkende bestuursvernuf. Russell het op die podium beland omdat hy heel slinks verby Perez kon skiet, danksy ‘n ‘wegtrek’ na ‘n stadige rondte van die ‘virtual safety car’.

Braam ·

Ja Jackie, so ‘n kort oorsig is mors van spasie. Ons sal graag meer, veral Maandag oggende, meer inliting oor die wedren wil lees.

Lollapop ·

Ek is ‘n Red Bull fan maar wraggies Sainz het goed gery

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.