Wind en modder bemoeilik dinge in die Kaap

Die finale skof van die Absa Cape Epic word môre beslis. Foto: Twitter.

Matthew Beers en Christopher Blevins is binne trefafstand van die algehele voorlopers nadat hulle ook die sesde skof van die Absa Cape Epic gewen het.

Dit was hul vyfde skofoorwinning en hulle het nou vir Nino Schurter en Andri Frischknecht in hul visier.

In nat, modderige toestande het hulle die krane oopgedraai om die skof met vier minute te wen.

“Dit was ʼn ongelooflike taai skof. Dit was ʼn modderige storie en selfs al was ons met die regte bande toegerus, was dit steeds baie moeilik,” het Blevins gesê.

In die vroueafdeling het Kim le Court en Vera Looser met die skoflouere weggejaag. Hulle was meer as 10 minute vinniger as Sofia Gomez Villafane en Katerina Nash in die tweede plek.

“Dít was seker my moeilikste dag op my fiets gewees. Ek het net probeer om die skof sonder enige stampe en stote te voltooi, maar ek het ʼn paar keer amper geval. Die modder het dalk vir die trane in my oë gesorg, wie weet?” het Le Court ná die skof gesê.

Die sewende en laaste skof word môre beslis. Deelnemers sal 80 km moet trap, terwyl hulle ʼn klimgedeelte van 2 400 m kan verwag.

  • Skofuitslae:

Mans:

  1. Matthew Beers en Christopher Blevins (Toyota-Specialized-NinetyOne): 3:26:48
  2. Nino Schurter en Andri Frischknecht (Scott-Sram MTB Racing): 3:30:56
  3. Alban Lakata en Axel Roudil-Cortinat (Bulls Mavericks): 3:33:46

Vroue:

  1. Kim le Court en Vera Looser (Efficient Infiniti Insure): 4:30:02
  2. Sofia Gomez Villafane en Katerina Nash (NinetyOne-Songo-Specialized): 04:43:00
  3. Greete Steinburg en Monica Martinez (Cannondale Vas Arabay): 04:46:00

 

  • Algehele uitslae:

Mans:

  1. Nino Schurter en Andri Frischknecht (Scott-Sram MTB Racing): 23:07:54
  2. Matthew Beers en Christopher Blevins (Toyota-Specialized-NinetyOne): 23:09:27
  3. Georg Egger en Lukas Baum (Orbea X Leatt X Speed Company): 23:13:27

Vroue:

  1. Kim le Court en Vera Looser (Efficient Infiniti Insure): 29:08:28
  2. Amy Wakefield en Candice Lill (e-Fort.net: SeattleCoffeCo): 29:33:41
  3. Sofia Gomez Villafane en Katerina Nash (NinetyOne-Songo-Specialized): 29:35:48

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.