Anderson uit Aussie Ope

Kevin Anderson. Foto: Twitter.

Dit is neusie verby vir Kevin Anderson en sy Australiese Ope-droom. Die 32-jarige Suid-Afrikaner is vanoggend vroeg (Suid-Afrikaanse tyd) deur die Amerikaner Frances Tiafoe geklop.

Anderson het die eerste stel 6-4 gewen en dit het gelyk asof hy té sterk vir Tiafoe sal wees. Maar daar het foute in sy spel ingekruip en hy het die daaropvolgende stelle verloor om uiteindelik 6-4, 4-6, 4-6, 5-7 die knie te buig.

Anderson het die vorige drie kragmetings tussen dié twee gewen. Dit is die eerste keer sedert 2015 dat hy verder as die eerste ronde van dié Grand Slam-toernooi vorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.