SA’ners sukkel by Wêreldkampioenskap

Akani Simbine en kie het hul aflos-uitdunronde gewen. Foto: Johan Schmidt.

Jo Black vra in een van sy treffers ’n taamlike diep vraag: “Wat is hoop?”.

Nou in die Suid-Afrikaanse atletiekkonteks is die hoop effens yl gesaai ná ’n medaljelose Wêreldatletiekkampioenskap in Katar. Die span was sonder die dienste van Wayde van Niekerk en Caster Semenya en dit was die eerste Wêreldkampioenskap sedert die Osaka-avontuur in 2007 waar die span met leë hande huiswaarts gekeer het.

Maar ten minste weet ʼn mens ook – ná afloop van die kampioenskap – wáár om hoop te gaan soek. En dit is by mans se 4×100 m-aflosspan.

Die kwartet van Akani Simbine, Thando Dlodlo, Simon Magakwe en Clarence Munyai het weliswaar vyfde in die finaal met hul tyd van 37.73 sekondes geëindig, maar hul tyd in die voorafgaande ronde was fantasties.

Hul 37.65 sekondes in die uitdunronde is ’n nasionale en Afrika-rekord en wys net waartoe Suid-Afrikaanse naellopers in staat is as dinge op die dag vlot verloop.

Simbine het juis sy staal gewys toe hy vierde in die 100 m-finaal klaargemaak het met sy tyd van 9.93 sekondes – sy vinnigste tyd van die seisoen.

Dan was Luvo Manyonga vierde in sy item, Ruswahl Samaai en Stephen Mokoka vyfde, terwyl Rikenette Steenkamp haar beste tyd van die seisoen in die 110 m-hekkies gehardloop het. Haar tyd van 12.97 sekondes was egter net nie goed genoeg om vir die finaal te kwalifiseer nie.

Hoewel daar hoop op die horison is, sal Suid-Afrikaanse atlete moet leer om hul staal op die internasionale verhoog te wys; veral sonder Semenya en Van Niekerk.

Die top-10-lande in Doha:

  1. Die VSA 310 punte
  2. Kenia 122 punte
  3. Jamaika 115 punte
  4. China 99 punte
  5. Ethiopië 83 punte
  6. Groot Brittanje en Noord-Ierland 82 punte
  7. Duitsland 69 punte
  8. Pole 56 punte
  9. Kanada 55 punte
  10. Oekraïne
  • Suid-Afrika deel die gesamentlike 20ste plek met Colombië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hopeloos ·

Baie dankie aan Saskok. Hulle verdien elkeen n prestasiebonus!

San ·

Kan nie glo dat uit ń land van nagenoeg 56 miljoenen mense, dat ons nie een medalje kan huistoe bring nie. ????

Anoniem ·

Klink soos ‘n Eskom storie, die “Transformers” was seker uitgebrand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.