Federer ontroon Messi op Forbes-lys

Roger Federer. Foto: Twitter.

Switserland se Roger Federer is die eerste tennisspeler in die geskiedenis om bo aan Forbes se lys vir hoogsbetaalde sportsterre te wees.

Die 38-jarige tennisheld het met sy $106 miljoen (ongeveer R1,8 miljard) vir Lionel Messi onttroon.

Veral Federer se borgskappe het die Forbes-wa deur die drif getrek – hy word onder ander deur Credit Suisse en Mercedes-Benz geborg.

Naomi Osaka.. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

Amper 52 000 entoesiastiese toeskouers het vroeër vanjaar Federer en Rafael Nadal se liefdadigheidswedstryd in Kaapstad bygewoon. In die proses het hulle die vorige bywoningsrekord met amper 10 000 toeskouers verbeter.

Sokkerspelers, Amerikaanse voetbalspelers en basketbalspelers het die lys oorheers.

Naomi Osaka, ook ’n tennisspeler, is die hoogsbetaalde vroue-atleet in die geskiedenis. Die 22-jarige het oor die afgelope jaar $37,4 miljoen se prysgeld bymekaar gemaak.

  • Forbes se lys vir hoogsbetaalde sportsterre vir 2020:
  1. Roger Federer (tennis): $106 miljoen
  2. Cristiano Ronaldo (sokker): $105 miljoen
  3. Lionel Messi (sokker): $104 miljoen
  4. Neymar (sokker): $95,5 miljoen
  5. LeBron James (basketbal): $88,2 miljoen
  6. Stephen Curry (basketbal): $74, 4 miljoen
  7. Kevin Durant (basketbal): $63,9 miljoen
  8. Tiger Woods (gholf): $63,2 miljoen
  9. Kirk Cousins (Amerikaanse voetbal): $60,5 miljoen
  10. Carson Wentz (Amerikaanse voetbal): $59,1 miljoen
  11. Tyson Fury (boks): $57 miljoen
  12. Russell Westbrook (basketbal): $56 miljoen
  13. Lewis Hamilton (F1): $54 miljoen
  14. Rory McIlroy (gholf): $52 miljoen
  15. Jared Goff (Amerikaanse voetbal): $49 miljoen
  16. Conor McGregor (gemengde gevegskuns): $48 miljoen
  17. James Harden (basketbal): $47,8 miljoen
  18. Giannis Antetokounmpo (basketbal): $47, 6 miljoen
  19. Anthony Joshua (boks): $47 miljoen
  20. Deontay Wilder (boks): $46,5 miljoen

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.