Johnson herskryf byna gholf se rekordboeke

Dustin Johnson. Foto: Twitter.

Dis darem baie jammer dat toeskouers nog nie weer toegelaat word by gholftoernooie nie.

Ja, daar is baie belangriker dinge op die spel, maar vroeg Maandagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) het die 36-jarige Amerikaner Dustin Johnson op TPC Boston nog ʼn manjifieke vertoning in die laaste ronde van die Northern Trust-toernooi  gelewer.

Hy het op 254 houe, 30 houe minder as die baansyfer, geëindig om ʼn ongelooflike 11 houe voor Harris English (265) te eindig.

Daniel Berger (266) was derde, gevolg deur Kevin Kisner en Scottie Scheffler (267) saam vierde, 13 houe agter Johnson.

Johnson, wat tellings van 60, 60 en 64 houe in die eerste drie rondes op sy telkaart ingevul het, het met 63 houe in die laaste ronde afgesluit nadat spel vroeër vir 75 minute deur reën onderbreek is.

Dit was Johnson se 22ste PGA-oorwinning en hy is nou weer die wêreld se voorste speler.

Was dit ʼn Miekie Muis-toernooi?

Nee, al die grotes was daar, soos Tiger Woods en Rory McIlroy.

Johnson se toernooitelling is die laagste sedert 2006 in die PGA-reeks en net een hou minder as die rekordtelling van 31 houe onder baansyfer.

* Suid-Afrika se Louis Oosthuizen, wat 73 houe in die vierde en laaste ronde aangeteken het, het saam in die 13de posisie geëindig, 17 houe agter Johnson.

Oosthuizen wat 65, 65 en 68 houe in die eerste drie rondes aangeteken het, se treurmare het op die tweede putjie begin toe hy ʼn liederlike sewe houe, twee meer as syfer, op sy telkaart ingevul het.

Hy het ook houe op die 7de, 11de, 12de en 13de aan syfer afgestaan, maar hom reggeruk en vier voëltjies behaal.

Oosthuizen het nogtans $175 275 (R3 miljoen) met sy vertoning losgespeel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gerd Lourens ·

Johnson se tellings is verkeerd. Hy het nie twee 60’s gespeel nie.

Scalla ·

Toeskouers kan wel die spel volg deur in n propvol taxi op te daag met maskers op en 2 ruite moet oop wees, ry dan saam mel elke gholfer van putjie tot putjie, slim ne. Dit is hoe Sa werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.