Goor dag vir Binder-broers

Suid-Afrika se Brad Binder word van die baan af gehelp. (Foto: Pierre-Philippe Marcou/AFP)

Dit was een van daardie dae wat die twee Binder-broers, Brad en Darryn, nie lank sal wil onthou nie.

Brad (KTM) het twee keer in Sondag se Spaanse MotoGP in Jerez geval en kon nie die ren voltooi nie. Hy het vroeër ook in die oefenrondes geval en sy naweek is sleg versuur.

Vroeër is Darryn om die laaste draai van die Moto3 deur Deniz Onco “uitgehaal” en kon hy slegs 22ste eindig.

Gelukkig is nie een van die broers beseer nie, maar hul selfvertroue sou beslis ʼn hou in die maag gekry het.

Die MotoGP is deur die Aussie Jack Miller (Ducati) gewen, met Francesco Bagnaia (Ducati) tweede en Franco Morbidelli (Yamaha) derde.

Die voorloper op die kampioenskapspunteleer, Fabio Quartartaro (64), kon slegs 13de eindig en is deur Bagnaia (66 punte) verbygesteek met Maverick Vinales derde (50).

Brad Binder is 11de met 21 punte.

* In die Moto3 het Darryn Binder (Honda) slegs 22ste geëindig nadat hy in die laaste ronde om die laaste draai geval het nadat hy deur Deniz Onco gestamp is.

Die 16-jarige groentjie Pedro Acosta (KTM) het sy derde opeenvolgende ren in vanjaar se kampioenskap gewen toe hy in die laaste draai sy neus voor gekry het.

Darryn Binder is sesde op die puntelys (36) met Acosta (95) baie ver voor ná vier renne.

Die volgende ren is op 16 Mei op Le Mans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Witwolf ·

Darryn het bsie goed gejaag en was baie ongelukkig om uitgehaal te word met die wenstreep in sig! Beide broers maak Suid-Afrika trots soos ook Dean Burmester, Garrick Higgo en Louis Oosthuizen op die gholfbaan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.