Die Hurricanes het gewys waarom hulle ’n Superrugbyspan is waarmee daar rekening gehou moet word, toe hulle Vrydag die Brumbies 43-13 afgeransel het.
Die ’Canes se binnesenter, Ngani Laumape, het ’n driekuns van drieë gedruk en die tuisspan het uiteindelik ses keer agter die Australiërs se doellyn gaan kuier.
Rugby se losskakel met die vinnigste voete, Beauden Barret, was in die kol met vier doelskoppe, terwyl hy ook ’n strafskop tussendeur die pale gejaag het.
Die Brumbies moes tevrede wees met drieë deur Folau Fainga’a en Tom Wright.
Puntemakers:
Hurricanes: Drieë: Dane Coles, Ngani Laumape (3), James Blackwell. Doelskoppe: Beauden Barret (4), Jackson Garden-Bachop. Strafskop: Barret.
Brumbies: Drieë: Folau Fainga’a en Tom Wright. Strafskop: Christian Lealiifano.