Die Big Bash League – Australië se plaaslike T20-kompetisie – het ’n allemintige haas uit die hoed gepluk toe AB de Villiers aangekondig het dat hy vir die Brisbane Heat sal speel.
Die 35-jarige sterkolwer het dié nuus op sosiale media bevestig en hy sal vir die tweede helfte van dié mik-en-moker‑reeks vir die span beskikbaar wees.
De Villiers sal Kersfees saam met sy gesin deurbring en behoort vroeg volgende jaar in die Heat se kleure te siene wees. Die Heat speel op 6 Januarie teen die Sydney Thunder. Daar word egter berig dat hy waarskynlik sy debuut op 9 Januarie teen die Hobart Hurricanes sal maak.
Die Suid-Afrikaner is een van wêreldkrieket se mees verwoestende kolwers en sy internasionale uittrede verlede jaar het ’n massiewe leemte in die Protea-kolflys gelaat.
Hy sal vir die Tshwane Spartans in die plaaslike Mzansi Superliga speel.
Die voordeel van sy uitrede uit internasionale krieket, by kan se hy wil Kersfees by sy familie wees.
Is dit dieselfde AB wat te moeg was om vir SA te speel? O nee, hy wou mos die aand voor span aangekondig is sy terugkeer maak.
En weer pick & choose hy, speel NET die tweede helfte.