De Kock se vuurwerkvertoning tevergeefs

MI New York is die wenners van die eerste Major League Cricket-toernooi. (Foto: Twitter/MLC)

MI New York is die wenners van die Major League Cricket-toernooi nadat hulle die Seattle Orcas met sewe paaltjies in die eindstryd geklop het.

Nicholas Pooran was die wenspan se groot ster en hy het met sy onoorwonne 137 lopies gesorg dat New York die wenlopies in 16 boulbeurte kon aanteken.

Die Wes-Indiese paaltjiewagter het veral Dwaine Pretorius se medium‑/vinnige aflewerings geniet en hy het 40 lopies van die Suid-Afrikaner se boulwerk aangeteken.

Dewald Brevis het 20 lopies tot die suksesvolle lopiejaagtog bygedra.

Vroeër het Quinton de Kock die langsteel vir die Orcas ingelê en hy het 87 lopies van 52 aflewerings geslaan. Sy beurt het 13 grenshoue ingesluit.

Heinrich Klaasen (4 lopies) was egter een van Rashid Khan se slagoffers. Die draaibalbouler van Afghanistan spog met ʼn boulontleding van 3/9 in die eindstryd.

  • Opsomming van die telkaart:

Seattle Orcas 183/9 in 20 boulbeurte: Quinton de Kock 87, Shubham Ranjane 29 en Rashid Khan 3/9.

MI New York 184/3 in 16 boulbeurte: Nicholas Pooran 137*, Dewald Brevis 20 en Imad Wasim 1/14.

  • Topkolwers:
  1. Nicholas Pooran: 388 lopies in agt beurte teen ʼn gemiddeld van 64,66.
  2. Quinton de Kock: 264 lopies in sewe beurte teen ʼn gemiddeld van 44.
  3. Heinrich Klaasen: 235 lopies in ses boulbeurte teen ʼn gemiddeld van 58,75.
  • Topboulers:
  1. Trent Boult: 22 paaltjies in agt wedstryde teen ʼn gemiddeld van 10,36.
  2. Cameron Gannon: 11 paaltjies in sewe wedstryde teen ʼn gemiddeld van 17,36.
  3. Andrew Tye: 11 paaltjies in sewe wedstryde teen ʼn gemiddeld van 20,90.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.