En dis (uiteindelik) punte vir Pretoria

Will Jacks het met kolf en bal vir die Pretoria Capitals uitgeblink. (Foto: X/Pretoria Capitals)

Will Jacks se uitstekende honderdtal was uiteindelik die verskil tussen die Pretoria Capitals en die Durban’s Super Giants op SuperSportpark.

Die Engelsman het 101 lopies van slegs 42 balle aangeteken en sy beurt het die grondslag vir die Capitals se kolfpoging gelê.

Die tuisspan se telling van 204/9 was uiteindelik genoeg gewees en hulle het die Super Giants tot 187/7 beperk om die kragmeting met 17 lopies te wen.

Dit was die Capitals se eerste oorwinning in die jongste weergawe van die SA20-toernooi.

Nodeloos om te sê, is Jacks as die speler  van die wedstryd aangewys nadat hy ook met sy draaiboulwerk beïndruk het. Hy het die paaltjies van Kyle Mayers en die gevaarlike Heinrich Klaasen geneem, terwyl die Durban-span ook net 18 lopies van sy drie boulbeurte kon aanteken.

  • Opsomming van die telkaart:

Pretoria Capitals 204/9 in 20 boulbeurte: Will Jacks 101, Colin Ingram 43 en Reece Topley 3/34.

Durbanְ’s Super Giants 187/7 in 20 boulbeurte: Matthew Breetzke 33, JJ Smuts 27 en Will Jacks 2/18.

  • SA20-punteleer:
  1. Paarl Royals: 13 punte ná drie wedstryde
  2. Durban’s Super Giants: 13 punte ná vier wedstryde
  3. Sunrisers Eastern Cape: 6 punte ná drie wedstryde
  4. Pretoria Capitals: 4 punte ná drie wedstryde
  5. Joburg Super Kings: 2 punte ná vier wedstryde
  • Die naweek se bepalings:

Vrydag:

17:30: MI Cape Town teen Paarl Royals op Nuweland

Saterdag:

13:30: Durban’s Super Giants teen Sunrisers Eastern Cape op Kingsmead

17:30 Joburg Super Kings teen Pretoria Capitals op die Wanderers

Sondag:

15:30: Paarl Royals teen MI Cape Town op Bolandpark

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.