Enkelsyfers sink die Proteas

Proteas

Vier van Suid-Afrika se topkolwers kon net enkelsyfers met die kolf aanteken op dag vier van die eerste toets in Durban. Die Proteas se tweede beurt het dramaties begin met 4 paaltjies wat geval het vir net 48 lopies (Elgar 9, Amla 8, De Villiers 0 en Du Plessis 4).

Suid-Afrika is die taak gestel om 417 lopies vir ʼn oorwinning aan te teken wat die tweede hoogste in die geskiedenis van ʼn vierde beurt sou wees. Dit is nadat die Aussies vroeër die dag vir 227 lopies uitgeboul is. Met die kolf het Bancroft 53 en Smith 38 lopies bygedra. Keshav Maharaj het sy 5 paaltjies in die eerste beurt met 4 vir 102 in 29.4 boulbeurte in die tweede beurt opgevolg. Dit was Maharaj se beste boulontleding nog in toetskrieket. Morne Morkel het 3 paaltjies vir 47 geneem.

Maar kom ons keer terug na die Proteas se kolfbeurt. Suid-Afrika het sy vyfde paaltjie op 136 verloor. Theunis de Bruyn se bydrae was 36 lopies van 84 balle. Dit was hierna dat Aiden Markram en Quinton de Kock bymekaargekom en begin bou het aan ʼn briljante vennootskap. Ná die afslaan op dag vier het hulle teen 5.2 lopies per boulbeurt gekolf en die druk vierkant op die Aussie-boulers geplaas.

Markram het egter sy paaltjie met die totaal op 283 verloor toe hy agter die paaltjies uitgevang is deur Shaun Marsh vir ʼn briljante 143 lopies. Markram het 218 balle getrotseer en19 viere gemoker.

Mitchell Starc het egter alle hoop wat die Suid-Afrikaners gehad het van die tafel gevee toe hy 3 paaltjies in die 80ste boulbeurt laat kantel het. Hy het die paaltjies van Philander, Maharaj en Rabada geneem.

Teen uitskeityd was Suid-Afrika op 293/9 na 89 boulbeurte. Dit is nog 124 lopies duskant ʼn oorwinning met net 1 paaltjie staande. De Kock (81) en Morkel (0) sal Maandagoggend voortkolf.

Suid-Afrika het egter sy eie ondergang bewerkstellig met swak boul- en kolfwerk deur die loop van die wedstryd. In die geheel beskou, was die Aussies in die eerste vier dae in alle opsigte beter as die Protea-spelers.

Dag vyf is geskeduleer om Maandag om 10:00 op Kingsmead in Durban te begin.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Boesman 1 ·

Ek het by n vorige geleentheid gesê dat on top kolwers nie “gecommit” is met hulle kolfwerk nie. Kyk vir Markram vandag, briljant! Net jammer dat hy uit gegaan het want hy en Quintin de Kock kon die wedstryd amper vir SA wen. Net minstens twee ander top kolwers moes baie meer lopies gekry het, dan was dit n ander storie. Dieselfde het gebeur teen Indië.

Landmyn ·

Ons kan nie elke innings 5wickets 12lopies en dan 4 wickets 7lopies aanploeter nie. Erens moet iemand hul handopsteek. Elgar, tyd om daar te kyk, dié keer kan hy nie weer die pitch blameer nie. Ons middel sukkel vreeslik teen Starc.

thelsa ·

Om in krieket te wen moet jy goed wees in al 3 dissiplines- kolf, boul en veldwerk.
Ons veldwerk was benede wêreldklasstandaard. Ons boulers is soos die weerlig ;- nie so vining nie maar nooit 2 balle op dieselfde plek nie. Ons kan nie ‘n toets wen deur net op ons kolwers staat te maak nie.

Frans C ·

Die skrif was aan die muur vir die Proteas toe Indië die derde oests maklik gewen het en die eendagreekse totaal oorheers het.Die Proteakolwers sukkel tans op internasionale
vlak.Is die rede dalk dat die gehalte van ons krieket veral boulwerkop plaaslike vlak so agteruitgegaan het dat van die Proteakolwers net eenvoudig nie langer top boulwerk
kan baasraak nie?

Anoniem ·

Ons toporde teken nie genoeg lopies aan nie. Elgar teken een uit tien beurte miskien goeie lopies aan, terwyl Amla die kluts heeltemal kwyt is. Dit sal interessant wees om te weet hoeveel lopies hy in die laaste 10 beurte aangeteken het. AB, Faf en Quinton is deesdae ook heeltemal onbestendig. Jy kan nie verwag dat 1 of 2 kolwers redelike lopies aanteken en jy sodoende gaan wen nie. In Indië en Australië se top 5, teken ten minste 3 kolwers gereeld goeie lopies aan. Verder is ons veldwerk ook pateties en om dit erger te maak, was Rabada ook nie op sy beste in die afgelope paar toetse nie. Algehele gesukkel.

Realisties ·

Go Aussies!! Dis ‘n span wat op meriete gekies word en “honger” is op die veld. Proteas gaan sukkel!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.