Faf se kolf doen steeds die praatwerk

Faf du Plessis (Foto: Rodger Bosch/AFP)

Op 37-jarige ouderdom slaan Faf du Plessis steeds lopies op die wêreld se T20-verhoog.

Die voormalige Protea-kaptein het ’n onoorwonne 83 lopies van 55 aflewerings in die Comilla Victorians se oorwinning van 52 lopies oor die Chattogram Challengers in die Bangaldesj-premierliga gemoker.

Sy beurt het 11 grenshoue (waaronder drie sesse) ingesluit en hy het uitstekend met Cameron Delport (nóg ’n Suid-Afrikaner) gekombineer om 97 lopies om die vierde paaltjie aan te teken.

Du Plessis het in Februarie 2021 sy uittrede uit toetskrieket aangekondig, maar hy het toe gesê dat hy steeds beskikbaar vir die Proteas in hul T20-veldtogte is.

“Ek weet dat ek nog baie het om vir die Proteas in hierdie formaat te bied. Dit beteken nie dat ek nie meer eendagkrieketplanne het nie, T20-krieket is net tans die hoofprioriteit,” het Du Plessis destyds gesê.

Hy is egter nie vir die Suid-Afrikaners se T20-Wêreldbekerspan gekies nie.

Ondanks sy weglating doen sy kolf steeds die praatwerk.

Hy was een van die voorste kolwers in die Karibiese Eilande, terwyl sy pragbeurt in die eindstryd van die Indiese Premierliga ’n reuserol in die Chennai Super Kings se sege gespeel het.

Die wyse Salomo sê deur jou vyand se dors te les, sal jy hom vuurrooi van skaamte maak. Toegegee, die nasionale keurders is g’n vyand nie, maar nadat hulle nie plek vir Du Plessis in enige van hul T20-spanne kan vind nie, moet sy onlangse vertonings hulle effens ongemaklik laat rondskuif.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Fran ·

Sa krieket is korrup tot op die been. Transformasie te alle koste!

George ·

Ek stem, ek bedoel, Markram is nogsteeds daar, na hoeveel kanse…

piet ·

Ja nee wragtig, Markram se familie het seker ‘n aandeel in KSA.

Willi ·

Krieket SA is net ras beheb met hulle BLM spelers. VOETSEK!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.